Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vuurdoop
vuurdoop [boodskap #150636] Sa., 10 Januarie 2026 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vuurdoop
Afbreking: vuur•doop
Samestelling: vuur + doop


Selfstandige naamwoord: vuurdoop
Meervoud: vuurdope

Betekenis:
• 'n Moeilike eerste ervaring waardeur iemand se vermoë en karakter getoets word.
• (militêr) Die eerste geveg waarin 'n soldaat betrokke is.

Gebruik:
• Die vleuel se grootste vuurdoop wag Saterdag wanneer hy vir die Springbokke uitdraf.
• Die kadette het 'n ware vuurdoop beleef toe hulle hul pad uit 'n hinderlaag moes skiet.

Sinoniem:
• beproewing
• debuut
• inhuldiging
• induksie
• ontgroening
• vuurproef
• toets

Afgelei:
• vuurdoopervaring

Vertaling:
Engels: baptism of fire, maiden engagement
Nederlands: vuurdoop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 10 Januarie 2026 08:32]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: toereken
Volgende onderwerp: vervroeg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jan. 11 00:16:26 UTC 2026