Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sinkdak
sinkdak [boodskap #149432] Sa., 06 September 2025 15:57 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25948
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sinkdak
Afbreking: sink•dak
Samestelling: sink + dak


Selfstandige naamwoord: sinkdak
Meervoud: sinkdakke
Verkleinwoord: sinkdakkie
Meervoud van verkleining: sinkdakkies

Betekenis:
• 'n Dak van sinkplate.

Gebruik:
• Die reën het hard op die huis se verroeste sinkdak neergeslaan.
• Baie plattelandse huise het nog sinkdakke.

Afgelei:
• sinkdakhuis
• sinkdakverf

Hiperoniem:
• dak

Verwant:
• riffelsink

Vertaling:
Engels: corrugated iron roof, tin roof
Nederlands: zinken dak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 28 Julie 2026 13:04]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: sinkdak [boodskap #152345 is 'n antwoord op boodskap #149432] Di., 28 Julie 2026 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tipe_Roelf  is tans af-lyn  Tipe_Roelf
Boodskappe: 9
Geregistreer: Desember 2020
Karma: 1
Junior Lid

Afrikaans vir "corrugated" sinkdak[ 4 stemme ]
1. gegolf 1 / 25%
2. geriffel 2 / 50%
3. Iets anders 1 / 25%

Wat is die Afrikaanse woord vir 'n "corrugated" sinkdak? Is dit gegolf of eerder geriffel of nog iets anders?
Re: sinkdak [boodskap #152346 is 'n antwoord op boodskap #152345] Di., 28 Julie 2026 11:16 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 553
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat van gegalvaniseerde riffelsink?

Vorige onderwerp: substantief
Volgende onderwerp: duimnael
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jul. 29 12:29:15 UTC 2026