| Rekenaarspeletjies enige iemand? [boodskap #149271] |
Sa., 23 Augustus 2025 12:15  |
|
|
Hi weer almal! Na 'n ruk weer aan my take werk het ek maar weer besluit om iets hier op die forum te plaas! Sommer oor rekenaarspeletjies, my gunsteling stokperdjie (na tabletop wargaming). Speletjies vir my is meer as net iets om my besig te hou, dit is vir my 'n kuns! Ek lief dit so baie dat ek selfs wil 'n loopbaan daaruit maak om speletjies te maak! Maar genoeg van my drome, hierso is 'n vraag om hierdie topic af te skop. Wat, as jy al rekenaar speletjies gespeel het, is jou top 5 (of meer as jy nou wou) gunsteling speletjies? Myne in geen volgorde sou seker:
Earthbound (1994) 'n Wonderlike , humoristiese RPG gemaak vir die SNES
Half Life 2 (2004) 'n Uitstekende FPS gemaak deur Valve
Crazy Taxi (1999) Verewig een van my gunsteling Arcade speletjies. So intense en snaak ter selfe tyd
Super Mario 64 DS (2004) 'n Uitstekene platformer op 'n uitstekende console
The Legend of Zelda: Windwaker (2002), Perfek.
BONUS Mario Kart World (2025), die nuutste, en lekkerste, MarioKart daar buite
Nou maar toe, laat ek julle sin hoor! Sien uit daarna
Boontjies.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Rekenaarspeletjies enige iemand? [boodskap #149310 is 'n antwoord op boodskap #149300] |
Ma., 25 Augustus 2025 15:20  |
|
|
Ag dankie julle, lekker om te sien iemand anders speel ook speletjies Klippie, ja ek stem hulle raak nou vreeslik duur, dus bly ek maar by ou goed meestal, en Jan Meneer Man, Tetris is nog 'n baie lekker een vir my! En ja, robot oorlog en ontdekkings lyk vir my ook na die toekoms
Boontjies.
|
|
|
|