| Vertalings - Skaam jou Julie [boodskap #19791] |
Sa., 09 Januarie 1999 00:00  |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: Oktober 1998
|
Senior Lid |
|
|
Ek is geskok om te sien dat een of ander idioot genaamd Julie wragtig
daardie kind se email aan haar pa gaan staan en vertaal het. (Dit is seker
moontlik dat sy nie regtig het nie, en net reaksie soek.)
As sy wel het, is dit privaatskending in 'n erge graad. Daardie boodskap is
'n desperate noodkreet van 'n jong meisie aan haar pa, en 'n poging om dit
in privaatheid te doen.
Skaam jou Jule. En in geval jy 'n vertaling nodig het - Shame on you.
Sies.
Bees
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vertalings - Skaam jou Julie [boodskap #19862 is 'n antwoord op boodskap #19791] |
Di., 12 Januarie 1999 00:00  |
Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49 Geregistreer: Januarie 1999
|
Volle Lid |
|
|
Jy is reg, maar ten mis\nste het jy verskoning gevra. Vertel nou vir daardie
dame dat jy gejok het, toe ...
Julie wrote in message ...
> -----Original Message-----
> From: Bees
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Date: Saturday, January 09, 1999 6:32 PM
> Subject: Vertalings - Skaam jou Julie
>
>
>> Ek is geskok om te sien dat een of ander idioot genaamd Julie wragtig
>> daardie kind se email aan haar pa gaan staan en vertaal het. (Dit is seker
>> moontlik dat sy nie regtig het nie, en net reaksie soek.)
>
> Dit was nou regtig nie nodig om my 'n idioot te noem nie. En ek doen nie
> dinge vir 'n reaksie nie.
>
>> Skaam jou Jule. En in geval jy 'n vertaling nodig het - Shame on you.
>
> Ek het probeer help en 'n baie groot fout begaan. Dit is eers agterna dat
> ek besef het dat ek oorhaastig opgetree het en dat die inhoud daarvan
> ingesink het. Ek is bitterspyt daaroor ...
>
> Ek sal seker nou die nuusgroep moet verlaat aangesien ek nie kans sien vir
> beledings ens. nie - ek gaan seker nou in duisende stukkies verskeur word
> ...
>
>
> Julie
> Visit my website: http://www.oocities.org/~tiegercat
> My Photo Album: http://www.oocities.org/~julesworld
>
|
|
|
|