| Biltong [boodskap #19595] |
Di., 08 Desember 1998 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
Interesante feit:
So 'n twee jaar terug, het 'n soektog van Alta Vista na "Biltong" net
23 verwysings opgelewer. Nou is dit al 1131, met 'n groot persentasie
in die buiteland.
My eie biltongmaker is al besig met die derde lot biltong van die
winter!
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #89948 is 'n antwoord op boodskap #19595] |
Wo., 04 Februarie 2004 10:53   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
uit te neem nie?
--
Annette
"bolander" skryf in boodskap news:4020BFD7.6080909@miami.net...
> Net voor die SAL vlugte in Miami of Atlanta land word daar 'n
> aankondiging gemaak dat dit uiters onwettig is om biltong en droe wors
> in die VSA in te bring en dit kan lei tot baie ernstige gevolge. Meeste
> SA passasiers het mos sulke produkte saamgebring as padkos of om aan
> vriende te gee maar net daar word dit uit die bagasie uithgehaal en op
> die sitplekke agtergelaat. En ja terwyl jy vir jou bagasie wag is daar
> 'n persoon wat met 'n klein beagle ronstap en die' snuffel in al wat 'n
> sak is . Die hond is ewe geklee in 'n soort uniform met die letters USDA
> groot daarop geskrywe.
>
> Raai wat? Die SAL 'crew' eet hulle dik aan biltong en wors vir die paar
> dae wat hulle daar in die VSA oorbly.
>
------------------------------------------------------------ ----------------
----
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #89962 is 'n antwoord op boodskap #89958] |
Wo., 04 Februarie 2004 12:23   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek vlieg al sedert 1987 nie meer SAL nie - so ek het nie 'n ingeligte mening
oor SAL nie;))
--
Annette
"Glucklich" skryf in boodskap news:Gb5Ub.4467$qK3.390@bignews3.bellsouth.net...
>> Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
>> uit te neem nie?
>> --
>> Annette
>
> Waneer laas het jy SAL gevlieg? daardie affirmatives wat op die vliegtuig
> werk is nie baie aangenaamse mense nie.
>
> Met my trippie SA toe laas week het ek oor London gevlieg. Die British
> Airways "Flight Crew" was wonderlik
>
> Hoekom vlieg die Bokke met BA en nie SAL nie?
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #89965 is 'n antwoord op boodskap #89964] |
Wo., 04 Februarie 2004 13:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Skelms!! Wie se hond gebruik hulle?
--
Annette
"bolander" skryf in boodskap news:4020EEF5.4050902@miami.net...
>
> Maar juis dis in die eerste plek hoekom hulle die passasiers waarsku om
> dit nie saam te neem nie. Sodoende kan hulle dit vat (en ander kos van
> die vliegtuig af) sodat hulle hul daglikse dollar toelag, vir etes
> bedoel, kan spaar.
>
> Annette wrote:
>> Nou vir wat reel die passasiers nie met die bemanning om die goed vir hulle
>> uit te neem nie?
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #89980 is 'n antwoord op boodskap #89959] |
Wo., 04 Februarie 2004 17:22   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ons het mekaar al vir veel minder as biltong bedonner;))
--
Annette
"Glucklich" skryf in boodskap news:Cd5Ub.4478$qK3.2171@bignews3.bellsouth.net...
>
>
>> Ek weet wat ek sou doen.....f.k Amerika en vat al die biltong!
>
>
> Sien jy wat ek bedoel, die afrikaners staan nooit saam nie. Sal mekaar vir
> 'n bietjie biltong bedonner!!!
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90017 is 'n antwoord op boodskap #90013] |
Do., 05 Februarie 2004 13:19   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit is hoekom ek so van honde hou - hulle het goeie smaak:)
--
Annette
"Glucklich" skryf in boodskap news:ZBqUb.9764$uS3.1227@bignews4.bellsouth.net...
>
>> Die Skelms!! Wie se hond gebruik hulle?
>
> En glo my 'n hond kan met biltong omgekoop word.
>
> Gaan vra maar my suster in Bloemfontein. Haar worshond wil wou my elke keer
> as ek die deur instap verskeur, todat ek hom 'n paar stukkies biltong gevoer
> het. Nou is ek sy beste vriend.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90037 is 'n antwoord op boodskap #90028] |
Do., 05 Februarie 2004 22:44   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
|
Senior Lid |
|
|
Met een van my trippies terug Amerika toe m hele paar kaar gelede, het my pa
my n groot pak gekerfde biltong die hand ingestop op die lughawe, en nie een
van ons het onthou mens kan nie biltong inbring nie. Ek onthou toe n uur se
tyd voor ons moet land in Fort Lauderdale (of was dit Miami) dat ek nie met
biltong deur doane sou kom nie. Sit ek en die kinders toe en eet so veel as
wat ons kon, en toe ons land, stop ek die res van die pak in die
sitplekhouer.
Toe ons op die lughawe land, en ons staan en wag vir ons bagasie, kom n dame
met n Beagle hond wat die terugkerende mense snuif vir kontraband. Word
die Beagle toe vreeslik opgewonder toe hy by my kom, en die dame sê toe ek
moet al my bagasie oopmaak. Toe vertel ek haar die hele storie van die
biltong op die vliegtuig, en sy glo my toe (dat ek niks op my of in my
bagasie het nie). Die kinders was toe vreeslik skaam dat alle oë op ons
gerig was terwyl ons wag vir ons bagasie :-) Die hond was ook
terleurgesteld dat hy toe niks te ete kon kry van die biltong nie, sy stert
het heen en weer gewaai van opgewondenheid. Nou maak my vriendin se seun
dit in hulle garage, en dit smaak nes die ware jakob.
Ellie
"DD" skryf in boodskap news:cf0520tdod0g9chjveta7n1d5jeka89muf@4ax.com...
> On Thu, 5 Feb 2004 07:21:58 -0500, "Glucklich" wrote:
>
>>> Weet jy hoe lekker is biltong?
>>
>> Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!
>>
>> En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind,
>
> iets, kan dit nie mooi plaas nie, maar iets, sê vir my dat jy lieg
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90051 is 'n antwoord op boodskap #90043] |
Vr., 06 Februarie 2004 09:08   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
My woefies kry hulle stukkie biltong as ek koop, wat maar min gebeur want ek
kry nêrens in hierdie gat lekker biltong nie. So twee weke terug het ek vis
gebak en die oorblywende stukkies in die yskas gebêre (soos mens maar maak),
later die aand haal ek die melk uit die yskas vir koffie, en manlief skrou
so in die gang af dat ek sommer vir hom die vissie moet warm maak. Ek buk
af om die vissie uit te haal en dis weg - ek kyk om na die honde en daar
staan hulle nog en lippe aflek! Ek het nie eers gesien hulle het die vis
sommer so uit die yskas gesteel nie. Die chow het ook nou slim geword en
het geleer hoe hom kaste oop te maak. Alle kos wat in die onderste kaste
was moes na hoër rakke geskyf word, want hy't homself al siek gevreet aan
lekker "gesonde" kos soos droë vrugte :-)) Hy's ook nie suining nie - alles
wat hy steel word met die kollie gedeel :))
E
"Suidwester" skryf in boodskap news:402328e3.0@news1.mweb.co.za...
> Laat ek julle vertel, honde is nie dom nie. In my dae in die RSA het ons
> altyd Saterdag biltong gaan koop by Groenkloof vir die rugby die middag.
> Kom ons by die huis, dan het die Weimers al klaar die reuk gekry. Om hul
> opgewondenheid te tem, dan vat ek die biltong en gaan sit dit in 'n kas in
> die slaapkamer en stap kombuis toe. Die honde is later uit op die gras.
> Toe ek sien hulle is doer agter in die erf [het 'n ½akker erf gehad] toe
> sluip ek kamer toe om darem net so 'n snytjie van die biltong te proe.....is
> ook maar lus, sien? Toe ek aan daai papiersak vat en afkyk, toe sien ek
> twee pare geel oë wat vir my kyk met wikkelende sterte!
> Vandag is dit steeds so. Sit 'n ekstra stuk steak of iets in die
> yskas na ete en daai hond sal bly sukkel en vra tot daai stuk vleis of
> opgeëet word of hy sy regmatige [volgens sy opinie die grootste deel] gekry
> het...
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90052 is 'n antwoord op boodskap #90051] |
Vr., 06 Februarie 2004 10:03   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Hoe ver is jy van Pretoria af? Groenkloof slaghuis so naby die SABS doer
in die skaduwee van die Unisa gebou. Beste biltong en beste boerewors.
Wat dink jy van 'n Weimeraner wat sy lus nie kon beteuel toe hy die
springboknek so op die tafel sien lê nie? hy haal hom af en gaan sit op
die stoep sy skuins teen die muur. Dan loer hy met sy geel oë so vir my en
as ek vir hom sê hy moet die vleis teruggee, dan draai hy net sy kop weg.
As ek maak of ek hom gaan boks, dan knyp hy net sy oë styf toe, maar los
daai vleis? Nie maklik nie! Daai einste reunhond se kind toe hy so 'n
opgeskote bulletjie al was, dwaal eendag in die kombuis rond en my suster
het van hierdie bierbrode gebak.....met die kaas bo-op. Weimer-seun het
toe gegaan en al op die kant van die kombuiskas af die naaste rand van die
hele brood so oor sy lengte fyntjies afgekou! Net die korsie. Ek was so
beïndruk met sy vaardigheid dat ek net kon lag.....die bakster was minder
beïndruk!
"Elaine" skryf in boodskap news:bvvlhc$rn0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My woefies kry hulle stukkie biltong as ek koop, wat maar min gebeur want ek
> kry nêrens in hierdie gat lekker biltong nie. So twee weke terug het ek vis
> gebak en die oorblywende stukkies in die yskas gebêre (soos mens maar maak),
> later die aand haal ek die melk uit die yskas vir koffie, en manlief skrou
> so in die gang af dat ek sommer vir hom die vissie moet warm maak. Ek buk
> af om die vissie uit te haal en dis weg - ek kyk om na die honde en daar
> staan hulle nog en lippe aflek! Ek het nie eers gesien hulle het die vis
> sommer so uit die yskas gesteel nie. Die chow het ook nou slim geword en
> het geleer hoe hom kaste oop te maak. Alle kos wat in die onderste kaste
> was moes na hoër rakke geskyf word, want hy't homself al siek gevreet aan
> lekker "gesonde" kos soos droë vrugte :-)) Hy's ook nie suining nie - alles
> wat hy steel word met die kollie gedeel :))
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402328e3.0@news1.mweb.co.za...
>> Laat ek julle vertel, honde is nie dom nie. In my dae in die RSA het ons
>> altyd Saterdag biltong gaan koop by Groenkloof vir die rugby die middag.
>> Kom ons by die huis, dan het die Weimers al klaar die reuk gekry. Om hul
>> opgewondenheid te tem, dan vat ek die biltong en gaan sit dit in 'n kas in
>> die slaapkamer en stap kombuis toe. Die honde is later uit op die gras.
>> Toe ek sien hulle is doer agter in die erf [het 'n ½akker erf gehad] toe
>> sluip ek kamer toe om darem net so 'n snytjie van die biltong te proe.....is
>> ook maar lus, sien? Toe ek aan daai papiersak vat en afkyk, toe sien ek
>> twee pare geel oë wat vir my kyk met wikkelende sterte!
>> Vandag is dit steeds so. Sit 'n ekstra stuk steak of iets in die
>> yskas na ete en daai hond sal bly sukkel en vra tot daai stuk vleis of
>> opgeëet word of hy sy regmatige [volgens sy opinie die grootste deel] gekry
>> het...
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90060 is 'n antwoord op boodskap #90051] |
Vr., 06 Februarie 2004 12:58   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy het 'n slim kollie daar - laat die chow al die werk doen.
--
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:bvvlhc$rn0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> My woefies kry hulle stukkie biltong as ek koop, wat maar min gebeur want ek
> kry nêrens in hierdie gat lekker biltong nie. So twee weke terug het ek vis
> gebak en die oorblywende stukkies in die yskas gebêre (soos mens maar maak),
> later die aand haal ek die melk uit die yskas vir koffie, en manlief skrou
> so in die gang af dat ek sommer vir hom die vissie moet warm maak. Ek buk
> af om die vissie uit te haal en dis weg - ek kyk om na die honde en daar
> staan hulle nog en lippe aflek! Ek het nie eers gesien hulle het die vis
> sommer so uit die yskas gesteel nie. Die chow het ook nou slim geword en
> het geleer hoe hom kaste oop te maak. Alle kos wat in die onderste kaste
> was moes na hoër rakke geskyf word, want hy't homself al siek gevreet aan
> lekker "gesonde" kos soos droë vrugte :-)) Hy's ook nie suining nie - alles
> wat hy steel word met die kollie gedeel :))
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:402328e3.0@news1.mweb.co.za...
>> Laat ek julle vertel, honde is nie dom nie. In my dae in die RSA het ons
>> altyd Saterdag biltong gaan koop by Groenkloof vir die rugby die middag.
>> Kom ons by die huis, dan het die Weimers al klaar die reuk gekry. Om hul
>> opgewondenheid te tem, dan vat ek die biltong en gaan sit dit in 'n kas in
>> die slaapkamer en stap kombuis toe. Die honde is later uit op die gras.
>> Toe ek sien hulle is doer agter in die erf [het 'n ½akker erf gehad] toe
>> sluip ek kamer toe om darem net so 'n snytjie van die biltong te proe.....is
>> ook maar lus, sien? Toe ek aan daai papiersak vat en afkyk, toe sien ek
>> twee pare geel oë wat vir my kyk met wikkelende sterte!
>> Vandag is dit steeds so. Sit 'n ekstra stuk steak of iets in die
>> yskas na ete en daai hond sal bly sukkel en vra tot daai stuk vleis of
>> opgeëet word of hy sy regmatige [volgens sy opinie die grootste deel] gekry
>> het...
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90094 is 'n antwoord op boodskap #90028] |
Sa., 07 Februarie 2004 12:25   |
Glucklich[2]
Boodskappe: 93 Geregistreer: Januarie 2004
|
Volle Lid |
|
|
>
>>> Weet jy hoe lekker is biltong?
>>
>> Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!
>>
>> En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind,
>
> iets, kan dit nie mooi plaas nie, maar iets, sê vir my dat jy lieg
>
> DD
>
>
Blikemmer jy's 'n aap!!!!!
Waaroor sal ek nou lieg? Moet ek my "boarding passes" scan en vir jou stuur
sodat jy kan sien waneer ek daar galand het en waneer ek daar vertrek het.
Ongelukkig het ek nie die kwitansies gehou van al my biltong aankope nie
maar as jy nou rerig wil weet ry sommer na die plaasopstal so 15 km suid van
Ventergburg oppad Winburg toe op die N1, en gaan vra die oom daar oor my,
ek het lank met hom gestaan en gesels. Ek het R100 se gekerfde biltong & R50
se droe wors by hom gekoop oppad Bloenfontein toe, en weer R100 se gekerfde
biltong oppad terug jan Smuts toe.(sy droe wors was nie baie lekker nie).
In Bloemfontein het ek ook baie Biltong gekoop, meestal by die winkeltjie
langs die ingang van die Pick n Pay in Langenhovenpark. Rofweg so R200 se
biltong deur die week wat ek daar was maar die biltong was met die familie
gedeel.
En wat de emmer is jou probleem, is jy jaloers omdat jy nie baie gereeld 'n
stukkie biltong kry nie of wat? Onthou ek kry nog minder die geleentheid.
"And that's no l:ie"
|
|
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90097 is 'n antwoord op boodskap #90094] |
Sa., 07 Februarie 2004 13:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Kalm bly Vrolik, hy het jou maar net gespot omdat liegtuig ipv vliegtuig
geskryf is;))
Niemand lieg oor biltong nie;:)
--
Annette
"Glucklich" skryf in boodskap news:SJ4Vb.12453$8a5.9023@bignews1.bellsouth.net...
>>
>>>> Weet jy hoe lekker is biltong?
>>>
>>> Ek weet!!! ek het myself laas week byna dood gevreet daaraan!!
>>>
>>> En sommer 'n groot sak vol op die liegtuig terug verslind,
>>
>> iets, kan dit nie mooi plaas nie, maar iets, sê vir my dat jy lieg
>>
>> DD
>>
>
> Blikemmer jy's 'n aap!!!!!
>
> Waaroor sal ek nou lieg? Moet ek my "boarding passes" scan en vir jou stuur
> sodat jy kan sien waneer ek daar galand het en waneer ek daar vertrek het.
>
> Ongelukkig het ek nie die kwitansies gehou van al my biltong aankope nie
> maar as jy nou rerig wil weet ry sommer na die plaasopstal so 15 km suid van
> Ventergburg oppad Winburg toe op die N1, en gaan vra die oom daar oor my,
> ek het lank met hom gestaan en gesels. Ek het R100 se gekerfde biltong & R50
> se droe wors by hom gekoop oppad Bloenfontein toe, en weer R100 se gekerfde
> biltong oppad terug jan Smuts toe.(sy droe wors was nie baie lekker nie).
> In Bloemfontein het ek ook baie Biltong gekoop, meestal by die winkeltjie
> langs die ingang van die Pick n Pay in Langenhovenpark. Rofweg so R200 se
> biltong deur die week wat ek daar was maar die biltong was met die familie
> gedeel.
>
> En wat de emmer is jou probleem, is jy jaloers omdat jy nie baie gereeld 'n
> stukkie biltong kry nie of wat? Onthou ek kry nog minder die geleentheid.
> "And that's no l:ie"
>
|
|
|
|
| Re: Biltong [boodskap #90098 is 'n antwoord op boodskap #90095] |
Sa., 07 Februarie 2004 13:19   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Enige normale mens sal honde se geselskap bo mense s'n verkies:)
--
Annette
"Glucklich" skryf in boodskap news:MR4Vb.7800$UF1.6647@bignews6.bellsouth.net...
>> Ek verkies ook my honne se geselskap bo baie mense s'n.
>
> Kan jy blaf?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|