| Uit "Gedigte 1989 - 1995" deur ANTJIE KROG [boodskap #19580] |
Ma., 07 Desember 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
" Gedigte 1989 - 1995"
Antjie Krog
Opgeneem in die bundel "Die dye trek die dye aan"
verse oor lyflike liefde, saamgestel deur Antjie Krog
en Johann de Lange.
1.
ons is alleen in die sauna
jy dink ek is straight omdat ek getroud is
ek wéét jy is 'n taai straight suburban koekie
ek maak my bo-stuk los en draai op my maag
ineens peul jy uit jou eenstuk
jou onge_tan_de gedeeltes highlights in die stoom
bobbel jou borste in 'n satynglans van sweet
my hele vagina ruk boontoe
ek lê sprakeloos toegeswel
argeloos tuimel jou cellulitelose bene oop
en ek voel of ek wil uitpass
soos my tong reeds
grondboontjiebotter op 'n heuningsny rondsmeer
2
jou tiete twee massiewe sampioene
hulle jol juggle juggle juggle
jy kyk gulsig na my lebberige maag
waarin binnegoed computergames skiet
ek slaan my vingers soos klou in jou dye
god! al taal wat hier geld is "ferm vlees"
en soos ek jou lyf oor die mat rol
en jou tong in duisende tonge rasperig my brandsteek
wens ek ek het, nee jy het, nee ek
wens ek iemand hier, het piel!
|
|
|
|
|
|
| Re: Uit "Gedigte 1989 - 1995" deur ANTJIE KROG [boodskap #19589 is 'n antwoord op boodskap #19580] |
Di., 08 Desember 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
Alwyn Nel writes:
> Mmmm Gloudina, jou mannemoed verbaas my.
My MANNEMOED, Alwyn? Vergeet daardie
ou woord. En as ek my 'n veralgemening
kan veroorloof: vroumense, lyk dit vir
my, het gewoonlik meer moed as mans.
Onthou jy daardie storie wat hulle altyd
vertel het van hoe, toe die mans die
Drakensberge voor hulle sien gedurende
die Groot Trek, hulle gewonder het of
hulle die moed het om oor te gaan. Toe
het die vroue verklaar dat hulle die
waens stuk stuk oor die berge sal dra.
En hier is nog 'n brokkie inligting
wat vir jou interessant mag wees. Die
gedigte word aangestuur deur my suster,
wat onlangs die bundel gekoop het. Sy
is 'n heel besadigde dame, en haar naam
het onlangs verskyn op 'n publikasie
wat handel oor die "African Independent
Churches" saam met Christina Landman
en Hennie Pretorius. Toe my man in 'n
brief haar "radikaal" noem dat sy die
moed het om sulke gedigte vir ons te
stuur, toe antwoord sy: in die Nuwe SA
is daar baie lekker meer vryheid om dinge
op hulle naam te noem. Op ons navraag of
Antjie Krog dan nou lesbies geword het,
antwoord sy dat sy nie so dink nie. Antjie
skryf as joernalis glo onder haar getroude
van: Sameuls. Soos jy miskien weet, is sy
die dogter van Dot Serfontein.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Uit "Gedigte 1989 - 1995" deur ANTJIE KROG [boodskap #19603 is 'n antwoord op boodskap #19580] |
Wo., 09 Desember 1998 00:00  |
Alwyn Nel
Boodskappe: 174 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
> Alwyn Nel writes:
>
>> Mmmm Gloudina, jou mannemoed verbaas my.
>
> My MANNEMOED, Alwyn? Vergeet daardie
> ou woord. En as ek my 'n veralgemening
> kan veroorloof: vroumense, lyk dit vir
> my, het gewoonlik meer moed as mans.
> Onthou jy daardie storie wat hulle altyd
> vertel het van hoe, toe die mans die
> Drakensberge voor hulle sien gedurende
> die Groot Trek, hulle gewonder het of
> hulle die moed het om oor te gaan. Toe
> het die vroue verklaar dat hulle die
> waens stuk stuk oor die berge sal dra.
>
Ons kan nounie een daarvoor Pa staan nie ( is ek 'n chauvenist of wat)
maar as die geskiedenis dit so wil dan sê ek Sela.
Dis nou van die butch anties wat daarvan hou om berg te klim met
ossewaens onder die arm.
> Antjie Krog dan nou lesbies geword het,
> antwoord sy dat sy nie so dink nie. Antjie
> skryf as joernalis glo onder haar getroude
> van: Sameuls. Soos jy miskien weet, is sy
> die dogter van Dot Serfontein.
>
Jou huwelik status is nie 'n refleksie van jou seks voorkeure nie. Daar
is derduisende lesbiers en gays wat getroud is en kinders het, maar
inherent tog "skeef" is.
Antjie Krog. Ek het 'n kosbare kleinnood (hoe spel mens nou weer die
woord?) wat ek jare lank weggepak gehou het in 'n plek van veilige
bewaring (NIE Victor Verster ens. nie) Die item is te wete 'n jaarblad
van 'n hoërskool in Kroonstad, wat my broer gekry het toe hy in
standerd ses was en Antjie in matriek. In die jaarblad verskyn 'n
handvol van haar gedigte. Toe reeds was haar gedigte kontroversieël en
dit was trouens hierdie gedigte wat haar op die map geplaas
het.(verhoudings oor die kleurgrens heen) Met my skuif na Australië het
ek die jaarblad weer vir my broer gegee. Op die ouderdom van 43 kan hy
dit nou waardeer. Toe hy 14 jaar oud was het hy nie. Ek was toe tien
jaar oud.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|