| Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!! [boodskap #19489] |
Wo., 02 Desember 1998 00:00  |
Koos[3]
Boodskappe: 16 Geregistreer: September 1998
|
Junior Lid |
|
|
Vandag die grootste winskop van my hele lewe gekry - eintlik nou die dag
al. My vrou en ek het (van Philadelphia af) Wisconsin toe gevlieg waar
ek 'n kongres gaan bywoon het. Op die lughawe van Detroit moes ons 'n
uur of wat oorbly om die aansluitingsvlug te kry. Northwest was maar
redelik vol bespreek - oorbespreek, eintlik, en toe vra hulle wie sal
hulle sitplekke afstaan teen vergoeding. Vrou en ek besluit toe ons gee
nie om om te wag nie, want ons is nie haastig nie. Northwest gee ons toe
elkeen 'n vlugbewys vir $700 (stuk), plus 'n sitplek in die eerstklas
seksie van die volgende vlug - sewe ure later. Die sewe ure het gou
verbygegaan, en ons het dit eintlik waardeer. Dis seker die meeste tyd
wat ons in 'n lang ruk ons onverdeelde aandag net aan met mekaar sit en
gesels kon deurbring. Eintlik was die wagtyd dus 'n onverwagte bonus.
Vandag gaan ruil ek toe die twee vlugbewyse om vir 'n retoervlug via
Amsterdam na Johannesburg, want ons peetdogter trou in Maart in
Bloemfontein, en Vrou se ma word in Mei 70 jaar oud. Dit kos my net $15
hanteringskoste (omdat ek met die vlugbewyse betaal). Weet nie of die
reisagent my gerook het nie, maar ek gee ook eintlik nie om nie. Daarby
kry ek nog 'n kredietbewys van Northwest vir $41, synde die verskil
tussen die prys van die kaartjie en die waarde van die vlugbewys.
Net een jammerte: dat sy nou op Schiphol moet oorbly vir 12 ure om die
aansluiting na Johannesburg te kry. Wens ek het geweet van kreatiewe
maniere om die tyd om te kry.
Askies dat ek so spog, maar ek is innig dankbaar dat sy die geleentheid
kan kry, en dat dit ons niks kos nie!
Die res van die besoek aan die kongres het ewe voorspoedig verloop.
Omdat ons laat was in Wisconsin het die hotel ons nie-rook kamer aan
iemand anders gegee (al het ek gebel en gesê ons kom laat en hulle moet
asseblief ons kamer hou). Toe gee hulle ons die enigste oorblywende
nie-rook kamer in die hele hotel: die Presidensiële Suite! Teen geen
ekstra nie het ons die hele week in heerlike weelde gebly. Op die
terugvlug is die eerste been (weer oor Detroit) gekanselleer, en ons
moes weer vier ure wag. Dié keer moes ons vir Minneapolis St Paul ('n
hengse ompad!) vlieg. Ons kry toe weer 'n gratis opgradering na
eersteklas op die lang vlug van Minneapolis na Philadelphia toe. Selde
wat 'n mens sulke gelukkies so op 'n streep ervaar.
Dankbare groete uit Pennsylvania, waar ons glo die warmste winter ooit
beleef. Vir my voel dit maar bra koud.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!! [boodskap #19600 is 'n antwoord op boodskap #19489] |
Di., 08 Desember 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
jan schrik writes:
> Gloudina,
> het lijkt wel of je het vaker gedaan hebt.
Ten minste tweekeer.
Weet jy, die woord "vaker" is 'n woord
wat ons nie in Afrikaans het in die
betekenis van "frequently" nie. Ek moes
dit selfs in die woordeboek gaan naslaan
om seker te maak wat dit beteken. Die
woord baie/baiekeer het die woord "vaker"
of heeltemal verdring. Of anders het die
woord net eenvoudig nooit na SA ge-emigreer
nie. Ons verstaan met "vaker" in Afrikaans
dat ons slaperig is.
Gloudina
|
|
|
|