| halfdosyn [boodskap #146680] |
Ma., 14 Oktober 2024 18:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 23846 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
halfdosyn
Afbreking: half•do•syn
Samestelling: half + dosyn
Selfstandige naamwoord: halfdosyn
Meervoud: halfdosyne
Betekenis:
• Die helfte van 'n dosyn, oftewel ses.
Gebruik:
• Sy koop 'n halfdosyn eiers.
Spreekwoord:
• Ses van die een en halfdosyn van die ander. [Dis dieselfde ding.]
Sinoniem:
• ses
• sestal
Vertaling:
Engels: half a dozen
Nederlands: een half dozijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|