| Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18717] |
Do., 29 Oktober 1998 00:00  |
Koos[3]
Boodskappe: 16 Geregistreer: September 1998
|
Junior Lid |
|
|
Kaspaas - hy is nie die eretitel "Oom" meer werd nie - is nou net so
aanmatigend soos diegene vir wie hy hom kamma skaam. As 'n mens 'n persona
wil aanneem, moet jy maar liewer altyd "in karakter" bly.
Nee wat, Kaspaas, jy het die hele strekking en toonaard van my antwoord aan
jou gemis.
Ou Kaspaas - jy sê saam met ou Mandela: "Good riddance!"
Snaaks, dis nogal half soos ek gevoel het daardie keer toe ons van die
Johanneburgse Internasionale Lughawe af opgestyg het, en die stad se liggies
onder ons verdwyn het......
Good riddance.....
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Aanmatigende Kaspaas [boodskap #18836 is 'n antwoord op boodskap #18717] |
Ma., 02 November 1998 00:00  |
midde
Boodskappe: 49 Geregistreer: Oktober 1998
|
Volle Lid |
|
|
Op Sat, 31 Oct 1998 23:24:05 +0200, "Oom Kaspaas"
had de volgende te sê:
|So Oom Kaspaas se plasings is minder ernstig - intellektueel sit jy die pot
|heel mis! Kyk agter die woorde en word wys!
|----------------------------------------------
Jy spot soms fyn, maar jy kan werklik nie ernstig wees met meeste van
wat jy sê nie!
Vra hier 'n NG sensus en laat die ouens vir ons sê wie neem jou
ernstig op en wie dink jy is maar net hier om die bespreking
interesant te hou?!
Ek sit ook nie op 'n pot as ek intelektueel wil wees nie, net as
moeder natuur roep. As jy nie self op intelektuele vlak beweeg nie,
is ek seker iemand soos Gloudina sal jou kan vertel dat jy dan geen
oordeel kan vel oor 'n ander se intelektualiteit al dan nie.
Agter jou woorde sien ek net 'n knipoog wat my sê jy gooi ook maar net
klippe in die bos om te sien wat uitspring sonder om regtig te bedoel
wat jy sê
Groete!
|
|
|
|