| "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18536] |
Vr., 23 Oktober 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling
Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.
Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.
Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18622 is 'n antwoord op boodskap #18536] |
Di., 27 Oktober 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
writes:
>>
>> Ek merk op dat jy nie meer besonderhede verskaf oor die samestellers, die
>> uitgewer, of waar die publikasie bekom kan word nie. Mens kan dus nie die
>> meriete daarvan beoordeel nie, behalwe t.o.v. die paar stukkies wat jy kies
>> om te publiseer.
>>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
>
> Ek het al vantevore informasie
> oor Concept op die nuusgroep
> geplaas. Hoekom probeer jy nie
> jou Universiteitsbiblioteek en
> UNISA nie?
Hier is die nodige inligting as iemand
Concept wil bestel:
Redasieadres: Nederland
Posbus 1313, NL 1200 BH Hilversum
Redaksieadres: Vlaandere
Kerkhofstraat 2, B 8480 Eernegem
Redaksieadres : Suid-Afrika
Posbus 41117, Eersterus, Pretoria
|
|
|
|
| Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #18623 is 'n antwoord op boodskap #18536] |
Di., 27 Oktober 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Ek het vergeet om aan te dui
> dat hierdie gedig ook in
> CONCEPT verskyn het. Concept
> is 'n multikulturele uitgawe
> waarin daar gedigte van
> Vlaandere, Nederland en Suid-
> Afrika verskyn.
Ek merk op dat jy nie meer besonderhede verskaf oor die samestellers, die
uitgewer, of waar die publikasie bekom kan word nie. Mens kan dus nie die
meriete daarvan beoordeel nie, behalwe t.o.v. die paar stukkies wat jy kies
om te publiseer.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|