| Hogere Snobisme [boodskap #18528] |
Vr., 23 Oktober 1998 00:00  |
Michael E Willett
Boodskappe: 182 Geregistreer: Maart 1996
|
Senior Lid |
|
|
On 23 Oct 1998 15:40:10 GMT, had the following to say:
| Johan, ek het 'n spesmaas dat Leswin se
| moedertaal Afrikaans is, nes joune.
| Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
| hy en ek wat net bietjie meer akademies
| afgerond is en meer gekultiveerd is as
| 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
| ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
| agtergrond, en wat nou sy lyf hier wil kom
| rondgooi.
| Tant Hessie van Helsdingen
Ek het 'n ouma gehad netsoos jy - as sy tog maar net by die
administrateurswoning kon gaan tee drink of 'n ambassadeur vir ete
nooi, dan het sy geblom. Sy het ook gedink haar onderwys graaijie
laat haar winde na kaneel ruik. Altyd neergesien op die Iscor werkers
van Pretoria en ek dink sielsongelukkig omdat sy dit nooit reggekry
het om 'n mansion in Waterkloof te kon koop nie. 'n Vier akker erf in
Menlopark was die hoogste wat sy kon bykom en die huis kon net twee
verdiepings hê.
Netsoos my ouma is jy sprekende voorbeeld daarvan dat akademiese
"prestasie" niks te doen het met mense kennis, goeie maniere of die
vermoe om goed met mense oor die weg te kom nie. Is jy so blatant
snobisties ook wanneer jy iemand van aangesig tot aangesig sien? Sal
jy reguit vir iemand in sy gesig sê jy dink jy is meer gekultiveerd as
hy? Ek dink jy is 'n lafaart wat net agter die anonimiteit van die
rekenaar skerm wegkruip soos almal van ons.
Ek is baie nuuskierig om te weet wat jy onder die term gekultiveerd
verstaan.
...goodbye en good luck,
Simon
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hogere Snobisme [boodskap #18606 is 'n antwoord op boodskap #18528] |
Di., 27 Oktober 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Simon wrote in message ...
> Netsoos my ouma is jy sprekende voorbeeld daarvan dat akademiese
> "prestasie" niks te doen het met mense kennis, goeie maniere of die
> vermoe om goed met mense oor die weg te kom nie.
In my ervaring het akademiese "prestasie" ook bitter weinig te doen met
wysheid, of selfs "kennis".
Van die verstandigste mense wat ek in Afrika en Europa ken is ongeletterd of
beswaarlik geletterd.
Sommige van die domstes is gedoktoreer.
'n Interessante ding wat intellektuele snobs selde besef is dat:
a) Histories is die doktorsgraad en die meestersgraad dieselfde ding - in
sommige rigtings (medisyne, teologie) is 'n doktorsgraad toegeken en in
ander (Artes, Regte) is 'n meestersgraad toegeken. Die graad het bloot
aandgedui dat jy nou "meester" van jou vak is, en die lisensie het om ander
daarin te onderrig ("docere" = om te onderrig).
b) Die Baccalaureursgraad het jou gekwalifiseer as "skrywer" - die
geletterde klerk wat in kloosters, kerke, en die staatsadministrasie gewerk
het.
c) Die B-graad was die direkte ekwivalent van die kwalifikasie van 'n
vakman - hetsy in die lettere, die skilderkuns, "bouwery", of skrynwerk,
smidswerk ens.
d) Die M/D -graad was die direkte ekwivalent van die meesterstatus in die
ander vakgebiede - die meerstervakman wat gekwalifiseer was om ander vaklui
in diens te neem en op te lei.
d) Die tesis wat die kandidaat vir 'n M- of D-graad moes "verdedig" was
die direkte ekwivalent van die "meesterstuk" wat die kandidaat vir die
status van meestervakman in die ander vakgebiede moes lewer vir kritiek deur
sy meesters.
Die vermeende onderskeid tussen die "gekultiveerde" intellektueles en die
"tegnici" is maar 'n onlangse ontwikkeling wat slegs die kultivarke
beïndruk.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Hogere Snobisme [boodskap #18696 is 'n antwoord op boodskap #18528] |
Do., 29 Oktober 1998 00:00  |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: Desember 1997
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net het weereens haar naam pôpô gemaak deur te skryf:
> Klink vir my jy stel jou aan
> as aanklaer en regter op hierdie nuusgroep.
> Maar het nog nie, sover ek kan sien, enige
> waardevolle bydrae gemaak nie. Heler, heel
> jouself.
>
RODFEHMMV!
So regter president Gloudina Van Helsdingen het in haar uitvoerende
posisie besluit dat die arme Simon geen waardevolle bydrae tot die groep
gemaak het nie en dus geen bydrae mag maak nie.
Mene Mene Tekel Ufarsin! Sorry Simon - Gloudina het haar oordeel gevel.
Jy is 'n kulturele ignoramus en sal dus nie verder op die nuusgroep
verdra word nie. In al die kere wat jy op die nuusgroep gepos het, het
jy jou nog nie een keer skuldig gemaak aan hogere akademiese taalgebruik
of skaamtelose naamdroppery nie. Die waarde van jou bydrae is dus nie
swaar genoeg om die standaard leser 'n hewige sooibrand te gee en na die
naaste toilette te laat beweeg nie en as sulks sal jy dus jou genoemde
nietige bydraes (soos gedefinieer deur haar edele Moderator) op 'n ander
forum moet plass.
Nota aan alle NEWBIES:
Voordat jy toegelaat word om in die nuusgroep te pos word daar van jou
verwag om eers 'n aantal plasings in
soc.culture.south-africa.afrikaans.gloudina.sal.oordeel
voorlê en indien jy dan geweeg en swaar genoeg bevind word sal die
moderator van die groep, die edel agbare Gloudina Bouwer wat een keer
tee saam met Nelson Mandela gedrink het en ook dieselfde skool as waar
hy skool gegaan het besoek het, jou toelaat om op die groep te pos.
|
|
|
|