| Bridgeway Motors [boodskap #639] |
Sa., 07 Junie 2003 18:12  |
Lorinda[2]
Boodskappe: 531 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
Speedy Conzales wrote:
> On 7 Jun 2003 08:29:07 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
>> Andries skryf in boodskap news:...
>>> Lorinda wrote:
>>>
>>>> Is dit die gewone toedrag van sake, of is dit buitegewoon in Ficksburg?
>>>
>>>> Lorinda
>>>
>>> Ek dink gisteraand was buitengewoon.
>>
>> Ek het spesiaal uitgevind: in die borough in Londen waar ek bly, was
>> daar op dieselfde aand geen karre or radios gesteel nie, maar daar was
>> wel een huisinbraak.
>>
>> Lorinda
>
> Ek het toe statistiek oor my omgewing ook nagevors.
> By ons is die nuus meer positief.
> BridgeWay Motors het voorraad opgebou.
>
> Speedy
>
Het jy aandele in Bridgeway Motors, of is dit die HOOFKANTOOR?
Lorinda
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Bridgeway Motors 2 [boodskap #649 is 'n antwoord op boodskap #646] |
Sa., 07 Junie 2003 20:34  |
Davie Davis
Boodskappe: 1012 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
On 7 Jun 2003 12:54:16 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>>
>
> Ek het dit gewèèt. Ons is terug by daardie berugte brug langs die
> mynhope. Wat gebeur wanneer oorspronklike eienaars kapsie maak teen
> wat hulle as 'n nie billike onderhandeling beskou en hulle jou na 'n
> lang en gevaarlike soektog opspoor?
>
> Lorinda (wat wil hê jy moet weet ons is bekommerd oor jou)
Baie dankie vir julle bekommernis. Ek het in elk geval
twee mense in my kliënte diens afdeling. Die eerste is
Mike the buldozer en dan is daar Bill, alias 'the Hook'.
Mike het sy naam as gevolg van die werklike goeie
diens wat hy met sy groot liggaam lewer deur
kliënte se probleme weg te vee asof met 'n padskraper,
Die Haak weer, het sy naam op 'n ander, maar nie
minder aanskoulike manier gekry.
The Hook het net een been, een hand en een oog.
As matroos het hy sy been verloor in 'n geveg teen
die polisie wat hom as 'n skelm aangesien het.
Sy hand is op 'n ander geleentheid deur die polisie
afgeskiet ook terwyl hy nog 'n matroos was. Dit was toe
hy ongelukkig in die pad was toe hulle op bankrowers
geviuur het.
Sy oog, vra jy? Dit was terug op die skip toe 'n seemeeu
in sy regteroog gemis het terwyl hy besig was om op te kyk.
Hy het die mis uitgevee, en vergeet dat hy kort tevore
sy hand met 'n haak vervang het.
Speedy
|
|
|
|