| 'n Nuwe kietergeftie [boodskap #2364] |
Sa., 30 Augustus 2003 19:53  |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek gaan koop toe vandag in Rosebank
'n werklik handige stukkie hardeware, na aanleiding
van 'n 'JunkMail' advertensie, en een wat ek op
kantoor gesien het.
USB Flash Disk word dit genoem, en dit word
ook geadverteer as Flash Memory. Een winkel
wat ek geskakel het, het dit selfs 'n
Microsoft Memory Stick genoem.
Op die houer staan egter 'USB Flash Disk'.
Vir diè wat nie weet wat dit is nie, dit is 'n ekstra
hardeskyf, so lank soos my duim, en ietwat dikker.
Dit pas by die USB port in, en onmiddelik het jy 'n
nuwe hardeskyf, waarop jy data kan bêre.
Verskillende groottes, 128 MB is die een wat ek
gekoop het.
Prop dit in die USB port, laai wat jy op 'n ander masjien
wil hê, trek dit uit, en hang dit om jou nek met die
spesiale toutjie daarvoor voorsien:-)
Wanneer by die ander rekenaar, prop dit in die USB port,
indien WIN 200/ME of XP hoef nie eens 'n drywer
geinstalleer word nie. Skakel jou masjien aan, en jy het
'n ekstra dryf, wat weg is wanneer dit weer uitgehaal is.
Gaan koop dit gerus, dit is werklik handig.
Aan die Gautengers, vra vir my waar om dit te koop.
Incredible Connection vra R600 - 'n winkel in Pretoria
vra R399 wat baie goed geklink het, tot ek dit in
Rosebank vir R299 gekoop het.
'Kay o'aky, ek weet ek is die enigste Gautenger hier,
maar vind pryse by 'n paar winkels uit eer jy koop.
Ek gaan nou na die website kyk (vanaf scsaa gaan
kyk jy na die webwerf:-) en sal die url nou vir julle deurgee.
Die Uwe
Speedy Gonzales
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 'n Nuwe kietergeftie [boodskap #2372 is 'n antwoord op boodskap #2370] |
So., 31 Augustus 2003 09:34   |
Speedy Gonzales
Boodskappe: 197 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 31 Aug 2003 10:43:13 +0200, "Hans Kamp" wrote:
>> Ja Hans, ek vind dit, veral omdat ek met verskillende rekenaars werk,
>> die antwoord op menige probleem.
>
> Ek het twee rekenaars: één op my buro ('n buro-model) en 'n sgn. laptop (wat
> ek ooral mee kan neem). Vir my stick het ek 45 euro betaal (ek is 'n
> Nederlander, dus woon ek in Europa). Dit is 'n bietjie duur, maar soos ek al
> gesê het, is het baie handig.
>
> Hans Kamp.
>
My sekretaresse het 'n rekenaar op haar lessenaar.
Op kantoor gebruik ek 'n 'Notebook'. (Tog vreemd
dat die woord 'Notebook' nooit inslag kon vind nie
en 'Laptop' of 'Skootrekenaar' in gebruik gebly het.
Inderwaarheid bestaan 'n laptop nie meer nie, en
was in grootte tussen die 'desktop' en 'notebook'.
Tòg word notebooks as laptops geadverteer..
genoeg hiervan, want dit nie werklik van belang nie)
Twee rekenaars op kantoor dus, en twee by die huis
wat op 'n netwerk met mekaar gekoppel is. En 'n
vergete notebook wat in 'n ander lessenaar in my
studeerkamer gebêre is. Diè het ek as 'n koerier gebruik:-)
Dit is dus my koerier wat ek gebruik om inligting tussen
bestemmings te skuif:-)
En dit is waarom ek, net soos jy,
hierdie implement (by gebrek aan 'n beter woord:-)
werklik handig vind. Hoef data nie meer op cd's te
skryf of ethernetkoorde te gebruik nie.
Miskien moet ek die ander groep ook daarvan vertel.
Daar sal mense wees wat soos jy, lankal daarvan
weet, maar ook sal daar mense wees wie dit handige
inligting sal wees.
Speedy
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 'n Nuwe kietergeftie [boodskap #2403 is 'n antwoord op boodskap #2385] |
Di., 02 September 2003 00:19  |
Lorinda
Boodskappe: 557 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:o1e4lvgue0gtam19o4mmebqrmtkanvoig1@4ax.com...
>>
>> Andries is in Namibia???
>>
>> Lorinda
>
>
> LOL... jy't my lekker aan die lag:-)))
> Somtyds kan mens vir die vyand respek hê ook.
> Slegs somtyds
>
> DD
Ja, mens kan, en dit help daartoe mee dat jy nie die vyand onderskat nie.
Maar dan moet dit 'n vyand wees wat respek waardig is......
Lorinda
|
|
|
|