| Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15895] |
Di., 23 Junie 1998 00:00  |
M.Davies Comte-Vengu
Boodskappe: 2 Geregistreer: Junie 1998
|
Junior Lid |
|
|
Ek is nuut op hierdie groep maar ek stel hierdie vraag voor- hoe kan ons
mense oortuig om Afrikaans te leer as hulle nie reeds
Afrikaanssprekendes is nie? Wat my opgeval het is dat dit selfs moeilik
is vir mense in Suid-Afrika wat Afrikaans wil leer. Van 'n persoonlike
standpunt het ek slegte ervarings gehad sedert my terugkoms na
Suid-Afrika na baie jare in die buiteland (Engeland en Nederland). Ek
dink dat dit jammer is want op einde van die dag is Afrikaans ons gemene
kultuurgoed waarin ons ALMAL deel kan neem om die taal/kultuur te
bevorder en handhaaf- tog in die werkilikheid vind ek dat baie mense wat
nie aan die Afrikaanse kultuur gewen is 'n vyandig houding daarteen het.
Tewens is Afrikaners skuldig vir hul' eksklusiwiteit wat die indruk gee
dat niemand een van die "volk" mag wees nie tensy hulle "regte
Afrikaners" is. Dis 'n ellendige situasie dink ek, veral nou wanneer
daar so baie slegte aanvalle op Afrikaans in Suid-Afrika uitgevoer word.
Dit raak my hartseer of ek na Namibi"e kyk want daar is die meerderheid
van die mense Afrikaanstalig maar Engels het die amptelike taal geword.
In Suid-Afrika is die minderheid Afrikaanstalig- dit lyk my as Engels
die opperhand sal kry in hierdie stryd as ons niks daarteen doen
nie.....het iemand enige idee"e ?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15936 is 'n antwoord op boodskap #15895] |
Sa., 27 Junie 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
bryni...@TheOffice.net (Bryan) writes:
> Net jyself kan 'n stop aan jou stryery sit. Griet se stories is in
> elk geval tien maal meer interessant om te lees as jou vervelige snert
> daar uit Kanada. Hoekom aanvaar jy nie dat jy nou Kanadees is nie.
> Beweeg na 'n lekker Kanadese nuusgroep waar jy lekker met al jou mense
> kan gesels oor goed wat jy met hulle in gemeen het. Jy probeer tog
> immers so hard die laaste paar maande op hierdie ng bewys dat jy niks
> met ons in SA in gemeen het nie. Dis okay, ons aanvaar dit nou. :o)
>
> Dink jy nie die algemene spreektaal van Afrikaans is 'n beter begin as
> al die idiome wat meeste mense in elk geval nie meer gebruik nie?
> Maar jy sal dit natuurlik nie meer weet nie.
Wel, ou Brynie, hierdie nuusgroep is vir
Afrikaans-sprekendes in SA en in New Zealand
en in Australi"e en in Kanada en die VSA,
ensovoorts, ensovoorts. As jy nou weer apartheid
hier wil invoer, is jy welkom, maar ek dink nie
jy sal baie mense kry om by jou vuurtjie te sit
nie.
Soos jy sien, is daar mense wat nie Afrikaners
is nie in die buiteland wat hierdie nuusgroep
lees om hulle Afrikaans te toets en te verbeter.
Stefan Harmse het voorgestel dat ons gereeld
idiome en idiomatiese uitdrukkings op die nuusgroep
plaas. (Stefan bly in Winnipeg in Kanada.) So
ek moedig almal weer aan om so nou en dan een
op die nuusgroep te sit. En miskien moet Stefan
weer die kuberadres opsit waar mense die idiome
wat hy alreeds versamel het, kan lees.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer? [boodskap #15973 is 'n antwoord op boodskap #15895] |
Wo., 01 Julie 1998 00:00  |
Johan N Potgieter
Boodskappe: 421 Geregistreer: Desember 1997
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 27 Jun 1998 05:15:41 GMT, harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) wrote:
> Dis net 'n uittreksel van laasjaar, toe ek elke week 'n idioom van hierdie
> nuusgroep ge-oes (geoes? geöes?) het.
> Meeste was van Gloudina.
>
Ek besef nou ek kan nie so voorbarig wees as om te dink ek kan
Afrikaans verander nie, maar weet julle wat? Ek vind dit baie
makliker om 'n woord soos hierdie te skryf as
ge-oes. Of dit korrek is of nie, weet ek nie, maar ek weet elkeen wat
dit lees, sal verstaan.
|
|
|
|