| koppig [boodskap #137037] |
Vr., 25 Junie 2021 10:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26540 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
koppig
Afbreking: kop•pig
Samestelling: kop + -ig
Byvoeglike naamwoord: koppig
Vergrotende trap: koppiger
Oortreffende trap: koppigste
Attributief: koppige
Intensief: vrekkoppig
Betekenis:
• Wat aan eie wil en insigte vasklou.
• Wat 'n fisiese kop betref (in samestellings).
Gebruik:
• Moet jy altyd so dwarstrekkerig en koppig wees!
• Die held het een van die veelkoppige draak se koppe afgekap.
Vergelyking:
• So koppig soos 'n muil.
Sinoniem:
• beneuk
• domastrant
• dwarstrekkerig
• dwars
• eiewillig
• eiewys
• halsstarrig
• hardkoppig
• hardnekkig
• ontoegeeflik
• steeks
• stroomop
• styfhoofdig
• weerbarstig
Antoniem:
• inskiklik
• toegewend
Afgelei:
• koppigheid
• rondkoppig
• styfkoppig
• veelkoppig
• warkoppig
Vertaling:
Engels: stubborn, headstrong, obstinate
Nederlands: koppig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|