| Vir Jennifer: Afrikaanse leestekens [boodskap #14586] |
Di., 12 Mei 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: Februarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Jennifer Lynne smeek:
> LS Hoe kry ik daai punktuasies op my letters soos julle?
Jennifer,
Ek herhaal 'n plasing van so 2 weke gelede:
Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language', en dubbelkliek op die blou
strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States International". Jy
sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n spesifieke stiffie.
Hierna werk jou sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ", of
^, of `, en daarna die betrokke klinker - jou masjien praat nou Afrikaans!
As jy aanhalingstekens wil gebruik, en jou aanhaling begin met 'n klinker,
sal die masjien 'n deelteken op die klinker sit. Om dit te voorkom, moet jy
die spasiebalk druk ná die aanhalingsteken.
(Dank weereens aan Hannes Cilliers vir die wenk.)
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Jennifer: Afrikaanse leestekens [boodskap #14645 is 'n antwoord op boodskap #14586] |
Wo., 13 Mei 1998 00:00   |
Jennifer Lynne
Boodskappe: 54 Geregistreer: Mei 1998
|
Volle Lid |
|
|
Henri Burger wrote:
> Jennifer Lynne smeek: ??? skies toch? Ek smeek nooit nie! :)
>
>> LS Hoe kry ik daai punktuasies op my letters soos julle?
>
> Jennifer,
>
Jy is baie gaaf maar nadat ek jou instruksie soos 'n apie gevolg het praat my
sleutelbord nog steeds nie Afrikaans nie. Nou wat???
Jennifer Lynne
> Ek herhaal 'n plasing van so 2 weke gelede:
>
> Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language', en dubbelkliek op die blou
> strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States International". Jy
> sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n spesifieke stiffie.
>
> Hierna werk jou sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ", of
> ^, of `, en daarna die betrokke klinker - jou masjien praat nou Afrikaans!
>
> As jy aanhalingstekens wil gebruik, en jou aanhaling begin met 'n klinker,
> sal die masjien 'n deëlteken op die klinker sit. Om dit te voorkom, moet jy
> die spasiebalk druk ná die aanhalingsteken.
>
> (Dank weereens aan Hannes Cilliers vir die wenk.)
>
> Groete
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
| Re: Vir Jennifer: Afrikaanse leestekens [boodskap #15997 is 'n antwoord op boodskap #14586] |
Do., 02 Julie 1998 00:00  |
Ant Man
Boodskappe: 41 Geregistreer: Januarie 1996
|
Volle Lid |
|
|
Henri se verduideliking verstaan ek self nie.
Wat ek doen is, ek hou die 'alt' sleutel in, dan tik ek op die
getalle (regs) 136. Wat ek kry as ek dan 'alt' los is ê. Hou ek die
'alt' in en tik 137 kry ek ë.
Die ander a, i, o met hulle kappies ens. kan ek nie nou onthou nie.
dewald
On Wed, 13 May 1998 02:25:36 -0700, Jennifer Lynne wrote:
>
>
> Henri Burger wrote:
>
>> Jennifer Lynne smeek: ??? skies toch? Ek smeek nooit nie! :)
>>
>>> LS Hoe kry ik daai punktuasies op my letters soos julle?
>>
>> Jennifer,
>>
>
> Jy is baie gaaf maar nadat ek jou instruksie soos 'n apie gevolg het praat my
> sleutelbord nog steeds nie Afrikaans nie. Nou wat???
>
> Jennifer Lynne
>
>
>
>> Ek herhaal 'n plasing van so 2 weke gelede:
>>
>> Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language', en dubbelkliek op die blou
>> strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States International". Jy
>> sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n spesifieke stiffie.
>>
>> Hierna werk jou sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ", of
>> ^, of `, en daarna die betrokke klinker - jou masjien praat nou Afrikaans!
>>
>> As jy aanhalingstekens wil gebruik, en jou aanhaling begin met 'n klinker,
>> sal die masjien 'n deelteken op die klinker sit. Om dit te voorkom, moet jy
>> die spasiebalk druk ná die aanhalingsteken.
>>
>> (Dank weereens aan Hannes Cilliers vir die wenk.)
>>
>> Groete
>> Henri Burger, Tzaneen. RSA
>> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
>> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
|
|
|
|