| Rico [boodskap #1762] |
So., 03 Augustus 2003 04:42  |
Hilda
Boodskappe: 383 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Beste mense op hierdie groep,
Rico, wat hier reëlmatig 'n beriggie skryf, is verlede nag oorlede.
Hy was ernstig siek en is verlede Woensdag geopereer. Voor sy operasie het
hy my gevra dat, as daar iets verkeerd sou gaan en hy sou oorly, ek dit op
hierdie nuusgroep sou meld.
My pyn in my hart het ek dit nou gedoen.
Hy was 'n goeie vriend en baie lief vir die Afrikaanse taal.
Hilda.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Rico [boodskap #1782 is 'n antwoord op boodskap #1777] |
Ma., 04 Augustus 2003 15:32  |
Raj
Boodskappe: 590 Geregistreer: Mei 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Katryn" skryf in boodskap news:58vqivgaf9tqvkn73risiqmsria1kn2ahj@4ax.com...
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> Baie baie dankie dat jy ons laat weet het Hilda. Ons sal hom mis, en
>> nog lank aan al die Rico sêgoed dink.
>
> Soos dat jy 'n "mess" is? :-)))))
> Okay, jou boodskappe, maar nog steeds. :-)))
Dit ook, maar ek het meer oor die olifant en die porseleinkas gedink:-)) En
nog so paar ander dinge, meesal oor katte.....:-)
Lorinda
|
|
|
|