Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werknemer
werknemer [boodskap #134955] Vr., 11 Desember 2020 10:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26281
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
werknemer
Afbreking: werk•ne•mer
Samestelling: werk + nemer


Selfstandige naamwoord: werknemer
Meervoud: werknemers
Verkleinwoord: werknemertjie
Meervoud van verkleining: werknemertjies

Betekenis:
• 'n Persoon wat vir iemand anders werk en daarvoor vergoed word.

Gebruik:
• Die verhouding tussen 'n werkgewer en werknemer behoort op wedersydse voordele en respek gebaseer te wees.

Sinoniem:
• salaristrekker
• werker

Antoniem:
• werkgewer

Hiponiem:
• medewerknemer

Afgelei:
• werknemersbelasting

Vertaling:
Engels: employee
Nederlands: werknemer
Xhosa: umqeshwa

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: werkplek
Volgende onderwerp: werkdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Aug. 26 19:30:23 UTC 2026