Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » na-aap
na-aap [boodskap #133887] Vr., 02 Oktober 2020 15:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26357
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
na-aap
Afbreking: na-aap


Werkwoord: aap na, na-aap
Verlede tyd: het nageaap
Verlede deelwoord: nageaapte

Betekenis:
• Om die dade van 'n ander na te maak; doen soos wat jy hom/haar sien doen.

Gebruik:
• Die kind aap sy ouer boetie na.
• Sy het haar vriendin se manier van praat nageaap.

Sinoniem:
• kopieer
• naboots
• namaak
• navolg

Verwant:
• na-aper
• na-apery

Vertaling:
Engels: to mimic, imitate, ape, copycat
Nederlands: na-apen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kinderverlamming
Volgende onderwerp: stewig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 05 20:25:55 UTC 2026