| SA na Kanada, hoe gemaak? [boodskap #13802] |
Wo., 08 April 1998 00:00  |
Grove Erasmus[1]
Boodskappe: 12 Geregistreer: November 1996
|
Junior Lid |
|
|
Goeienaand almal,
Imand hier wat my dalk kan help...
Ek is jonk, is 'n programmeerder by 'n plek in Midrand. My planne is om in Kanada te gaan wrk vir so jaar of twee.
Iemand hier idees van watse plek die meeste moontlikhede vir wrk het vir my?? En die stad/dorp moet sentraal wees synde ek nie van plan is om naweke tuis te wees nie...
Is dit 'n helse proses om 'n visa te kry Kanada toe???
Dankie!!
Mike Erasmus
--> Brought to you by World News (Amiga) v0.85
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: SA na Kanada, hoe gemaak? [boodskap #13813 is 'n antwoord op boodskap #13802] |
Vr., 10 April 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
"Jean" writes:
ATI, Nortel, Newbridge,
> QNX ens. As jy nog belangstel, soek op die Web - dit is wat ek gedoen het.
> Sabre en Ward Assoc is taamlik goed vir Toronto. Ottawa is (sover ek weet)
> die 'high tech' area van Kanada. Ek sal dit wardeer as ander my reg help as
> my stellings verkeerd is.
>
> Groete
>
> Jean
In Ottawa, dink ek, is dit ook
op die oomblik nie maanskyn en
rose nie. Corel is in skok, en
drie maande of so gelede het
Newbridge nie gehuur nie. Nortel
sal seker geinteresseerd wees
in die eerste plek in Kanadese
burgers. "Unemployment" is
ag en 'n half persent in Kanada
op die oomblik.
Die plek om geld te maak vir
'n jong man op die oomblik is
die VSA, met amper geen werk-
loosheid. Hulle werf werkers
op die strande gedurende die
March break. 'n Jong SA
familielid "werk met staal" in
die suidelike state van die VSA
en het glo meer geld as wat hy
weet waarmee om te doen.Hy moet
seker 'n ambag ken. Ambagsmanne
het nog altyd goed geld gemaak,
selfs in die ou dae in SA. In die
sewentigerjare het iemand wat 'n
oorsiener was by Pelindaba as
"fitter and turner" net soveel
geld gemaak as 'n vol professor
in Kanada.
Gloudina Bouwer
|
|
|
|