| dekplant [boodskap #133376] |
So., 06 September 2020 19:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25832 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Dekplant.
dekplant
Afbreking: dek•plant
Samestelling: dek + plant
Selfstandige naamwoord: dekplant
Meervoud: dekplante
Verkleinwoord: dekplantjie
Meervoud van verkleining: dekplantjies
Betekenis:
• 'n Plant wat oor die grond versprei en dit bedek.
Gebruik:
• Dekplante help om die grond klam te hou, erosie te voorkom en die groei van onkruid te onderdruk.
Sinoniem:
• bodembedekker
• grondbedekker
Verwant:
• dekgewas
Vertaling:
Engels: ground cover
Nederlands: bodembedekker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 15 Julie 2026 19:01] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|