| opneem [boodskap #133299] |
Do., 03 September 2020 14:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25755 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opneem
Afbreking: op•neem
Samestelling: op + neem
Werkwoord: neem op, opneem
Verlede tyd: het opgeneem
Teenwoordige deelwoord: opnemend, opnemende
Verlede deelwoord: opgeneemde
Betekenis:
• Om in die hande te neem; optel, opraap.
• Om vas te vang of vas te lê; absorbeer, vaslê.
• Om in te neem of 'n blyplek te gee; ontvang, toelaat, inneem.
Gebruik:
• As dinge in die land verder versleg, sal ons die wapen moet opneem.
• Hy wil 'n liedjie vir sy nuwe DVD opneem.
• Sy is in die hospitaal opgeneem.
Afgelei:
• heropneem
• opneembaar
• opneming
Vertaling:
Engels: to pick up; to take up, record; to admit, enlist
Nederlands: opnemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 09 Julie 2026 16:55] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|