| swartwitpens [boodskap #132270] |
So., 19 Julie 2020 12:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26146 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
'n Swartwitpens.
swartwitpens
Afbreking: swart•wit•pens
Samestelling: swart + wit + pens
Selfstandige naamwoord: swartwitpens
Meervoud: swartwitpense
Verkleinwoord: swartwitpensie
Meervoud van verkleining: swartwitpensies
Betekenis:
• 'n Groot wildsbok met lang, geboë horings, 'n donkerbruin tot swart pels en 'n wit pens, Hippotragus niger.
Gebruik:
• Die swartwitpens een van die grootste en skaarsste antiloopspesies van die beboste grasvelde van Oos- en Suider-Afrika.
Hiperoniem:
• wildsbok
Vertaling:
Engels: sable antelope
Nederlands: sabelantilope
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|