| bombasyn [boodskap #132203] |
Vr., 17 Julie 2020 09:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26157 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
'n 19de-eeuse dame in bombasynkledy.
bombasyn
Afbreking: bom•ba•syn
Selfstandige naamwoord: bombasyn
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Sterk, diggeweefde stof van sy, wol of katoen met 'n gekeperde oppervlak wat vroeër vir klere, veral roudrag, gebruik is.
Gebruik:
• Tydens die bewind van Elizabeth I en in die vroeë 19de eeu is bombasyn hoofsaaklik by Norwich in Engeland vervaardig.
Afgelei:
• bombasynkledy
Vertaling:
Engels: bombazine
Nederlands: bombazijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|