| burgemeester [boodskap #132191] |
Do., 16 Julie 2020 12:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Burgemeester.
burgemeester
Afbreking: bur•ge•mees•ter
Selfstandige naamwoord: burgemeester
Meervoud: burgemeesters
Verkleinwoord: burgemeestertjie
Meervoud van verkleining: burgemeestertjies
Betekenis:
• Die eerste burger van 'n stad of dorp wat voorsit tydens munisipale vergaderinge.
Gebruik:
• 'n Burgemeester kan optree as die hoof uitvoerende beampte van 'n munisipale gebied, of kan slegs seremoniel van aard wees.
Antoniem:
• burgemeesteres (vroulik)
Afgelei:
• burgemeestersamp
• burgemeesterskap
• burgemeestersketting
• burgemeestersvrou
• oud-burgemeester
Afkorting:
• burg.
Spelfout:
• burgermeester
Vertaling:
Engels: mayor, burgomaster
Nederlands: burgemeester
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|