Betekenis:
• 'n Koue, boomlose vlakte in die noordelike poolstreke waar die grond vir 'n groot deel van die jaar gevries is.
Gebruik:
• Die klimaat op 'n toendra is ongunstig vir die groei van hoë plante.
• In die somer word die toendra moerasagtig, omdat net die boonste grondlaag smelt en die water nie in die bevrore ondergrond wegsink nie.
Vertaling:
Engels: tundra
Nederlands: toendra
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.