| platsak [boodskap #132125] |
So., 12 Julie 2020 10:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26141 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
platsak
Afbreking: plat•sak
Samestelling: plat + sak
Byvoeglike naamwoord: platsak
Attributief: platsak
Betekenis:
• Met min of sonder enige geld.
Gebruik:
• Ná die vakansie was hy platsak en kon hy nie sy rekeninge betaal nie.
Sinoniem:
• bankrot
• boomskraap
• geldloos
Antoniem:
• ryk
• welgesteld
Vertaling:
Engels: broke, penniless
Nederlands: platzak, blut
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|