Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » millennium
millennium [boodskap #132002] Ma., 06 Julie 2020 10:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25679
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
millennium
Afbreking: mil•len•ni•um


Selfstandige naamwoord: millennium
Meervoud: millennia, millenniums
Verkleinwoord: millenniumpie
Meervoud van verkleining: millenniumpies

Betekenis:
• 'n Tydperk van een-duisend (1000) jaar.

Gebruik:
• 'n Millennium begin in 'n kalenderjaar wat op 001 eindig en eindig in 'n kalenderjaar wat op 000 eindig (byvoorbeeld 2001 tot en met 3000).
• Die eerste millennium n.C. het op 0001-01-01 om 00:00 begin en op 1000-12-31 om 23:59 (of 1001-01-01 om 00:00) geëindig.

Verwant:
• eeu

Vertaling:
Engels: millennium
Nederlands: millennium

Nota:
• Die woord is afgelei van Latyn: mille (duisend) en annum (jaar).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloemiste
Volgende onderwerp: hoenderkop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jul. 01 23:31:44 UTC 2026