| moetie [boodskap #131960] |
Sa., 04 Julie 2020 13:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25514 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
moetie
Afbreking: moe•tie
Selfstandige naamwoord: moetie
Meervoud: moeties
Verkleinwoord: moetietjie
Meervoud van verkleining: moetietjies
Betekenis:
• Tradisionele medisyne wat deur gemeenskappe in Afrika voorberei en gebruik word.
Gebruik:
• Die gemeenskap is ontsteld nadat grafte geskend en lyke gemutileer is, vermoedelik om as moetie verkoop te word.
Afgelei:
• moetieman
• moetiemoord
• moeitiewinkel
Verwant:
• geneesmiddel
• medisyne
• medikasie
Vertaling:
Engels: muti, traditional medicine
Nederlands: traditionele geneesmiddelen
Nota:
• Van Zoeloe, umuthi, wat boom, plant of medikasie beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|