| gorrel [boodskap #131876] |
Ma., 29 Junie 2020 16:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26465 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
gorrel
Afbreking: gor•rel
Selfstandige naamwoord: gorrel
Meervoud: gorrels
Verkleinwoord: gorreltjie
Meervoud van verkleining: gorreltjies
Betekenis:
• Die boonste wye gedeelte van die lugpyp waar die stembande sit.
Gebruik:
• Sy voel lus om hom aan die gorrel te gryp en te wurg tot hy met die waarheid uitkom.
Sinoniem:
• strottehoof
• stemkas
• larinks
Afgelei:
• gorrelgeluid
• gorrelmiddel
• gorrelpyp
Vertaling:
Engels: throat, gullet, larynx
Nederlands: gorrel
Werkwoord: gorrel
Verlede tyd: het gegorrel
Teenwoordige deelwoord: gorrelend, gorrelende
Verlede deelwoord: gegorrelde
Betekenis:
• Om vloeistof agter in die keel te laat borrel.
• (figuurlik) Om dinge op te maak, veral in 'n toespraak of eksamen.
Gebruik:
• Dit help of soutwater te gorrel as jou keep seer is.
• As jy nie die antwoord ken nie, moenie gorrel nie.
Afgelei:
• uitgorrel
Vertaling:
Engels: to gargle, gurgle; to speculate, quess
Nederlands: gorgelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 10 September 2026 15:51] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|