Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoofgroepmetaal
hoofgroepmetaal [boodskap #131759] Ma., 22 Junie 2020 19:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25519
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hoofgroepmetaal
Afbreking: hoof•groep•me•taal
Samestelling: hoofgroep + metaal


Selfstandige naamwoord: hoofgroepmetaal
Meervoud: hoofgroepmetale
Verkleinwoord: hoofgroepmetaaltjie
Meervoud van verkleining: hoofgroepmetaaltjies

Betekenis:
• 'n Metaalagtige element in die hoofgroepe van die periodieke tabel (groepe 1, 2 en 13-15).

Gebruik:
• Die swaarder elemente van die boor-, koolstof- en stikstofgroepe word hoofgroepmetale genoem om hulle van die oorgangsmetale, lantaniede en aktiniede te onderskei.

Hiperoniem:
• metaal

Hiponiem:
• aluminium
• gallium
• indium
• tin
• tallium
• lood
• bismut
• polonium

Vertaling:
Engels: poor metal, post-transition metal
Nederlands: hoofdgroepmetaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: buitelyn
Volgende onderwerp: metalloïed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jun. 17 23:09:11 UTC 2026