| Koos Doep se "Wie weet..." [boodskap #61677] |
Di., 07 Mei 2002 19:51  |
Basjan
Boodskappe: 71 Geregistreer: Maart 2006
|
Volle Lid |
|
|
Ek sien Koos Doep se naam en is op soek na die CD/album wat sy weergawe van
"Wie weet" op het (as jy dit digitaal beskikbaar het, laat weet ook maar).
Enige iemand - enige idees? Ek weet Annelie van Rooyen sing dit ook, maar
Koos mag maar...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Koos Doep se "Wie weet"... [boodskap #132444 is 'n antwoord op boodskap #100188] |
Sa., 18 Julie 2020 15:13  |
patterh
Boodskappe: 1 Geregistreer: Julie 2020
|
Junior Lid |
|
|
Die posts hierbo het my laat gaan soek. Ek kon nie die oorspronklike Koos du Plessis opname van Wie Weet kry nie (dis seker in die SAUK argiewe in Johannesburg), maar die feit dat dit lirieke is wat by 'n bestaande wysie gesit is, het my laat wonder oor die oorspronklike lirieke. Dis heel anders as Koos du Plessis s'n. Mooi, relevant, veral in vandag se wêreld van omgewings vernietiging en globale verwarming, maar Koos du Plessis se lirieke het net 'n diepte, 'n mistiek, 'n aardsreuk, 'n ontvlugting wat nie in die oorspronklike is nie.
Maybe (Thom Pace)
Deep inside the forest
Is a door into another land
Here is our life and home
We are staying
Here forever
In the beauty of this place
All alone, we keep on hoping…
Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home
Walking through a land
Where every living thing is beautiful
Why does it have to end?
We are calling
All so sadly on the whispers
Of the wind
As we send
A dying message
Maybe there’s a world where we don’t have to run,
And maybe there’s a time we call our own
Living free in harmony and majesty,
Take me home,
Take me home
Wie weet (Koos du Plessis)
Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort to ‘n vergete land
Waar ons stil dae slyt
Leef en droom
En swyend luister
Na die voetval van die tyd
Teen skemeraand
As hoop weer fluister
Wie weet
Iewers is daar dalk ‘n land van rus, en
Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam
Diep, diep in die bosse
Is ‘n poort na ‘n vergete land
‘n Eden half voltooi
Half gevul
Deur alle vrede
Waar die son nog skaars kan roep
Kom kniel en buig
Voor half gebede
Wie weet
Waar die vlugtling veilig is
Waar die swerwer eindlik rus
En as daar is
Neem my saam
Neem my saam
|
|
|
|