| "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #12911] |
Do., 26 Februarie 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
.
GEBED
Charl Durand
onsigbare god,
bly te kenne.
laat u naam teen wil en dank geskied,
want ons leef ten dele.
teken die vorm hier,
u is nou aangestel
in die natuur,
ook in die deurmekaar stad.
behandel my dink,
volgens die wette van die hemel
want wie kan 'n hof vertrou?
sluit die arsenale toe,
en gooi die sleutel weg.
maak my sondag wakker
om die kerkklokke te hoor.
vergewe die politici hul sondes
hulle is ook maar mense.
trek 'n streep deur my woorde
want stilte verdien volpunte.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: "Gebed" deur CHARL DURAND [boodskap #13014 is 'n antwoord op boodskap #12911] |
Di., 03 Maart 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Wel, Hjalmar, met sulke skrywe openbaar
> die luiperd nou maar net die kolle. Wat
> moet die United Church of Canada nou
> glo behalwe die liefde vir ons naaste
Dat Hy ook vir ons gesê het dat die liefde vir God die eerste en die groot
gebod is - waaraan die die liefde vir die naaste gelyk is?
> en 'n vertroue dat 'n gekruisigde Christus
> vir ons die weg wys?
Dat hy nie net die weg gewys het nie, maar gesê het "Ek is die Weg"? Dat
niemand tot die Vader kom behalwe deur Hom nie?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|