| impak [boodskap #131433] |
Do., 28 Mei 2020 19:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25894 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
impak
Afbreking: im•pak
Uitspraak: /əm.pak/
Selfstandige naamwoord: impak
Meervoud: –
Betekenis:
• Die invloed of effek van iets.
• Die krag waarmee een voorwerp 'n ander tref.
Gebruik:
• Die pandemie en gepaardgaande inperking het 'n groot impak op ons daaglikse lewens gehad.
• Die impak van die botsing was só erg dat insittendes uit die voertuig geslinger is.
Hiponiem:
• omgewingsimpak
Afgelei:
• impakanalise
• impakontleding
• impakstudie
Vertaling:
Engels: impact, effect; impression
Nederlands: impact
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 19 Julie 2026 07:12] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|