Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » donkermaan
donkermaan [boodskap #131284] Vr., 15 Mei 2020 16:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26609
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
donkermaan
Afbreking: don•ker•maan
Samestelling: donker + maan


Selfstandige naamwoord: donkermaan
Meervoud: donkermane

Betekenis:
• Die maanfase wanneer die Maan heeltemal verduister is soos van die Aarde af gesien, omdat die son dit van agter af verlig.

Gebruik:
• Tydens donkermaan is dit snags baie donker en kan mens die melkweg duidelik sien.
• Donkermaan duur 1,5 tot 3,5 dae, na gelang van die presiese ligging van die Aarde en Son, en geskied 14¾ dae ná volmaan.

Sinoniem:
• nuwemaan

Antoniem:
• volmaan

Vertaling:
Engels: dark moon, new moon
Nederlands: nieuwe maan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sonkol
Volgende onderwerp: nuwemaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Sep. 24 22:52:09 UTC 2026