Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gevangenis
gevangenis [boodskap #131038] Sa., 25 April 2020 20:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26195
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die binnekant van 'n gevangenis.
Die binnekant van 'n gevangenis.
gevangenis
Afbreking: ge•van•ge•nis


Selfstandige naamwoord: gevangenis
Meervoud: gevangenisse
Verkleinwoord: gevangenissie
Meervoud van verkleining: gevangenissies

Betekenis:
• 'n Plek van aanhouding; 'n gebou of kompleks waar mense vir hul oortredings opgesluit word.

Gebruik:
• Die veroordeelde man is na die gevangenis geneem om sy vonnis uit te dien.
• Die gevangenisse is oorvol en talle gevangenes moet selle deel.

Sinoniem:
• tronk
• tjoekie

Afgelei:
• gevangenisstraf
• gevangeniswese

Verwant:
• gevangene

Vertaling:
Engels: prison, jail, gaol
Nederlands: gevangenis

Nota:
• Mense wat in 'n gevangenis aangehou word, word gevangenes of prisoniers genoem, terwyl die personeel tronkbewaarders genoem word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 19 Augustus 2026 16:50]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: oefenloop
Volgende onderwerp: idioot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 20 13:12:10 UTC 2026