Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » outonomie
outonomie [boodskap #130815] So., 12 April 2020 08:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26510
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
outonomie
Afbreking: ou•to•no•mie
Uitspraak: /œu.tʊə.nʊəˈmi/


Selfstandige naamwoord: outonomie
Meervoud:

Betekenis:
• (politiek) Gedeeltelike selfbestuur, met die moontlikheid om self wetgewing te maak.
• (filosofie) Onafhanklikheid van die menslike gees.
• (tegniek) Selfvoorsienend wees; onafhanklik van eksterne invoere en/of energie.

Gebruik:
• Katalonië, wat deur Spanje regeer word, eis groter outonomie.
• Pasiënte eis meer outonomie, veral m.b.t. hoe hulle lewens eindig, maar dis soms in stryd met die outonomie van hulpwerkers.
• Die sonkragstelsel bied die besigheid die outonomie om onafhanklik van die kragnetwerk te funksioneer.

Vertaling:
Engels: outonomie
Latyn: autonomia
Nederlands: autonomie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 15 September 2026 14:31]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: outisme
Volgende onderwerp: paddavoet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Sep. 16 05:34:15 UTC 2026