Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DIE SWART MISLUKKING
| DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12642] |
Sa., 14 Februarie 1998 00:00  |
Pe...
Boodskappe: 2 Geregistreer: Februarie 1998
|
Junior Lid |
|
|
As ek as 'n blanke vandag verantwoordelik aanvaar vir ongeletterdheid,
armmoede, kort lewensduur onder swartes in Suid-Afrika wie het die
verantwoordelik gedra voor 6 April 1652.
Die Boere was ongeletterd tot laat in die 18e eeu - hulle is na die
Boere Oorlog geforseer deur ekonomiese toestande om hulle self te
verbeter, niemand kon dit vir hulle doen nie, behalwe hulle self.
Niemand het hulp aangebied nie - vandag is hulle onder die mees
gekwalifiseerde nasies in die wereld. Dieselfde nood en druk forseer
die swarte regoor die wereld nie na 'n self verbetering nie, maar na
misdaad en sy eie ondergang. Wie het meer 'gesuffer' as die Jode - waar
is hulle vandag? 35 000 Afrikaanse vroue en kinders het in konsentrasie
kampe omgekom, lank voor 'n Duitser nog gedink het aan 'n konsentrasie
kamp - waar is die Afrikaner vandag? Het 35 000 swarte vrouens en
kinders ooit in so 'n kort periode omgekom deur die hand van die witman
- waar is die swarte vandag? Wie het 'n terugslag gehad soos die
Japanese in die '40's - atoombom - in 50 jaar het hulle hulle self gebou
tot die sterkste ekonomie in die wereld - waar is die swarte met sy
massa hande vandag? Duitsland is in die grond in gekom - waar is hulle
vandag?
Miskien is ek kleurbedonnerd - lyk vir my swart = probleme = misdaad =
afgrond = donker = pateteties = mislukking.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12697 is 'n antwoord op boodskap #12642] |
Wo., 18 Februarie 1998 00:00   |
LLaubscher
Boodskappe: 18 Geregistreer: Januarie 1998
|
Junior Lid |
|
|
> ro...@physics.utoronto.ca wrote
> Dis jammer dat daar so baie politiek op hierdie groep gepraat
> word. Maar nou ja wat kan mens doen.
Soveel van ons lewens, veral swart lewens, is gegrond in 'n politiese
realiteit. Om dan politiek as 'n afsonderlike entiteit te behandel, en te
impliseer dat dit geskei kan word van daaglikse "being-in-the-world" is
kunsmatig en naief.
> Daar is een aspek
> wat ek wil uitlig. Baie mense probeer 'n maatstok lang 'n
> kultuur neersit en dit "meet" en dan evalueer of dit goed of
> sleg is
Jy doen presies dieselfde. "In Afrika, voor die invloed van die Weste gekom
het, was daar nie juis 'n insentief vir kulturele ontwikkeling nie". Hierdie
aanhaling spreek boekdele tot jou vooroordeel. Hiermee impliseer jy juis 'n
maatstaf vir kultuur. Weliswaar besit ALLE groepe kultuur en ontwikkel
sodanige kultuur deurentyd. "Insentiewe" is deurgans beskikbaar -
desnieteenstaande "koue weer". Hemel, in die blote kontak met ander groepe
word kultuur beinvloed, in droogte, impetus van wyse ouer groepslede, rebellie
van die jeug, skaarste ten opsigte van voedsel en 'n resulterende heroorweging
of hertoewyding tot 'n goddelike hierargie, nuwe rituele, en die lys gaan aan
en aan. Voorts - wat is 'n "primere kultuur". Hierin le ook sekere
waarde-oordele. Implisiet hierin is die outomatiese aanvaarding van diesulke
groepe as gedryf deur instink, sonder "beskawing", sonder rede, mens-diere, en
so meer. Wat, se tog, konstitueer 'n primere kultuur? En wat, in hemelsnaam,
is "westerse Kultuur"? En, gegee "primere kulture", waarom verwys jy dan na "
westerse kultuur" en nie "sekondere kultuur" nie. (tog snaaks dat te midde
van die velerlei verskille tussen groepe soos die swede, italianers,
amerikaners, iere, spanjaarde, britte, duitsers, en so meer, hulle nog steeds
getipeer word as behorende tot 'n westerse kultuur, terwyl dieselfde mense wat
hierdie argumente voer, praat van onderlinge verskille tussen Zoeloes en Masai
en Xhosas en Marokane as teregwysing vir 'n omskrywing van 'n Afrika-kultuur -
smaak my die definisie van kultuur word onderwerp aan politieke rigsnoere)
Leswin Laubscher
ISPP - Chicago
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12821 is 'n antwoord op boodskap #12642] |
Ma., 23 Februarie 1998 00:00   |
LLaubscher
Boodskappe: 18 Geregistreer: Januarie 1998
|
Junior Lid |
|
|
> Soveel van ons lewens, veral swart lewens, is gegrond in 'n politiese
>
>> realiteit. Om dan politiek as 'n afsonderlike entiteit te behandel,
> en te
>
>> impliseer dat dit geskei kan word van daaglikse "being-in-the-world"
> is
>> kunsmatig en naief.
F. Stef Roux responds:
> Is dit jou ervaring in daar Chicago?
Dit was seer sekerlik my ervaring in Suid-Afrika en in soverre hierdie 'n
Suid-Afrikaanse nuusgroep is en ek as Suid-Afrikaner reageer, is my respons van
pas.
> Wel dis nie my ervaring hier in
>
> Toronto nie. Ek kan met sukses die politiek hier totaal ignoreer. Dit
>
> affekteer my nie. In Suid Afrika het dit my egter geaffekteer en ek
>
> het nie daarvan gehou nie.
>
>
Tog, alhoewel ek praat van my ervaring in Suid-Afrika, beteken dit nie dat
veral swart lewens in Chicago nie ook gegrond is in 'n politiese realiteit nie.
Miskien is dit juis jou verhouding tot mag en die sosiaal-ekonomiese
strukturering daarvan wat dit vir jou moontlik maak om politiek in Toronto te
ignoreer. Vir die swart persoon, egter, wat in Cabrini-Green hier in Chicago
grootword, is dit politiek om juis daar groot te word; is dit politiek wanneer
al sy bure swart is; is dit politiek wanneer daar geen telefone in sy buurt is
om werk mee te soek nie; is dit politiek wanneer die laaste sitplek wat op die
trein gevul word, die een langs syne is; is dit politiek dat die sneeu van die
strate in sy buurt laaste geskraap word; is dit politiek wanneer die enigste
manier waarop mense wat soos hy lyk op televisie uitgebeeld word as
geweldenaars of jollie dansers; is dit politiek wanneer sy wit eweknie meer
geredelik werk kry as hy; en so meer, en so meer. Leef dus rustig voort met
oogklappe, Stef. Ek skat dis makliker in Kanada, maar dit impliseer
allesbehalwe "sukses". Inteendeel.
> Nee ek stem nie saam nie. Die oorspronklike kulture van Afrika het
> vir baie
>
> lank feitlik geen vernadering getoon nie. Daar was miskien klein
> ontwikkelings
>
> maar geensins wat met kulturele ontwikkeling in ander wereld dele
> vergelyk nie.
'n Paar dekades voor die koms van die europeers aan die suidkus van Afrika, was
daar 'n radikale herorganisasie van Khoi-gode. Heitsi-Eibib se mag en invloed
kon nou slegs verstaan word in terme van ander, nuwer, gode. Hierdie is
vergelykbaar met Martin Luther se Protestantse rewolusie of die verskil waarin
die wyn simbool is van Jesus se bloed of werklik in bloed transfigureer - stof
vir 'n heel nuwe godsdienstige organisasie. En jy is arrogant en
paternalisties genoeg om hierdie ontwikkelling by die Khoi as "klein
ontwikkellings" te beskryf wat "geensins met kulturele ontwikkelling in ander
werelddele vergelyk ...(kan)... word nie". Voorts, geen argitektuur? O ja,
die ruines van Zimbabwe is net dit; die universiteit van Sankore, die tempels
op Kush, die goudsmeewerk van Benin, die komplekse handel vanaf Ethiopie met
China - als hierdie is nie kulturele ontwikkelling nie? Die Indiese Vedas was
vir honderde jare op orale wyse oorgedra en om kulturele ontwikkelling aan
skrif en argitektuur te meet is miopies, naief, en etnosentries.
> Voorts - wat is 'n "primere kultuur". Hierin le ook sekere
>
>> waarde-oordele.
>
>
> Dis bloot 'n kultureel-antopologiese term. Dit impliseer geen waarde
> oordeel nie.
Neger is ook 'n kultureel-antropologiese term. Dit drup egter van
waarde-oordele. Jy se self dat "primitiewe kulture" (nog 'n kultureel
antropologiese term) "soveel konnotasies het" (en dus skiet jy jou argument in
die voet). Daar is weliswaar ander kultureel-antropologiese terme (bv.
tradisionele kulture) wat juis bestek probeer neem van die asssosiasies wat
daarme gepaard gaan. Beoordeel dus weer jou (hopelik) naiewe aanvaarding van
terme as "bloot kultureel-antropologies".
> Die westerse kulture is
> nie die enigste kompleske kulture nie. Daar is ook nog die chinese
> kultuur, indiese kultuur, ens. wat redelik ver ontwikkel is.
Leendert van Oostrum se respons hierop sal volstaan.
> Ek kan sien jy het 'n voorliefde vir politiek want jy het 'n neiging
> om alles te
>
> verpolitiseer
Veel eerder 'n voorliefde vir 'n deursigtige, plooibare soeke na 'n omvattende
waarheid.
> Kan jy miskien vir my 'n voorbeeld noem van mense wat
>
> "praat van onderlinge verskille tussen Zoeloes en Masai
>
> en Xhosas en Marokane as teregwysing vir 'n omskrywing van 'n
> Afrika-kultuur"?
Carl Gustav Jung; Hegel; Hendrik Verwoerd; Jean le Pen; John Vorster - onder
andere.
_____
L. Laubscher
ISPP-Chicago
|
|
|
|
|
|
| Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12825 is 'n antwoord op boodskap #12642] |
Ma., 23 Februarie 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Stef, ten spyte daarvan dat jy gereeld ontken dat jy waarde-oordele
uitspreek, is daar tog waarde-oordele vervat in wat jy skryf. Dit lyk,
byvoorbeeld, asof jy 'n "komplekse" kultuur hoër aanslaan as 'n "primôre"
kultuur, veral as dit ook 'n "dominante" kultuur is. Daar is ook 'n
suggestie dat jy verandering en die tempo van verandering binne 'n kultuur
beskou as aanduidend van die "waarde" daarvan in die sin dat sommige kulture
nog deur "stadiums" moet gaan om te kom "op die punt" waar ander kulture is.
Ek weet nie of dit moontlik is om van kultuur te praat sonder om waardes toe
te ken nie. Maar miskien moet ons nie probeer voorgee dat so iets wel
moontlik is nie :-)
Groete, Leendert
F. Stef Roux wrote in message ...
>>> ro...@physics.utoronto.ca wrote
> Ag tog! Waar kan ek begin? Goed ek sal probeer. Jy stem saam dat kulture ontwikkel. Dus is daar punt waarvandaan dit ontwikkel en waarheen dit
> ontwikkel. In die ontwikkelingsproses is daar baie diversiteit wat intree. Dus
> kan mens nie sê alle kulture sal presies dieselfde pad loop nie. Die begin punt
> is wat mens 'n primere kultuur kan noem. Miskien kan mens ook van
primitiewe kultuur praat, maar ek verkier "primere" omdat dit nie soveel
konotasies het nie. (miskien is ek verkeerd.) Dit gaan deur baie stadiums
voordat dit by die punt kom waar die westerse kulture vandag is. Daarom sal
ek liewer die westerse kultuur as 'n "komplekse kultuur" beskou (teenoor
primitiewe kultuur). Die westerse kulture is nie die enigste kompleske
kulture nie. Daar is ook nog die chinese kultuur, indiese kultuur, ens. wat
redelik ver ontwikkel is. Maar dis die westerse kulture wat op die omblik
die dominante kulture in die wereld is. Westerse kulture is bloot die
kulture wat in Europa ontwikkel het, en wat deuruit afstam. (Ek het gedog
die term westerse kultuur is alom bekend.)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12891 is 'n antwoord op boodskap #12642] |
Wo., 25 Februarie 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Mon, 23 Feb 1998 10:34:37 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> oor albei
>> gedoen is.>>
> ...sê hy, en
> spreek dan sumier n oordeel uit asof die navorsing reeds gedoen is....
Foutjie, Koos: "Op die oog af" beteken juis dat die oordeel nie op
navorsing, verdere ondersoek, of bewys gegrond is nie. Maar natuurlik! Dis
een van die frases wat party koerantmanne gebruik om te beweer sonder om te
beweer, nie waar nie.
>
> geput uit
>> enige aspekte van hul kultuur toe die Difaquane (as kultuurverskynsel) kop
>> uitgesteek nie, as die vreesame jode, sigeuners an ander toe die "finale
>> oplossing" in die jare 30 kop uitgesteek het nie.>>>
> ..en dan let ek op dat "verdere navorsing" oor die Nazi's nodig is
> voor oordeel uitgespreek kan word, maar 'n negatiewe oordeel kan maar
> laat waai word mee oor die swart stamme van Afrika.
Hmmm....? Watter negatiewe oordeel?
>
> Wat dan sommer ook almal saamgegroepeer word in een verskynsel.
> Te veel corpusse saam met jou gernes geskink, of wat?
Shaken. Not Stirred.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: DIE SWART MISLUKKING [boodskap #12894 is 'n antwoord op boodskap #12642] |
Wo., 25 Februarie 1998 00:00   |
LLaubscher
Boodskappe: 18 Geregistreer: Januarie 1998
|
Junior Lid |
|
|
> "F. Stef Roux" wrote
> Maar deur hierdie argument te voer maak jy
> jouself
>
> skuldig aan veroordeling. Deur hierdie voorbeelde op te noem voer jy
> dus
>
> aan dat dit belangrik is dat daar sulke goed in 'n kultuur moet wees.
> sodra ek dit definieer sodat jy
> weet
>
> waarvan ek praat kom jou westerse vooroordele in werking wat die
>
> blote bestaan van so 'n kultuur as onaanvaarbaar beskou. Kry dit tog
> in
>
> jou klapperkop dat daar geen negatiewe aspekte verbonde is aan die
> blote
>
> bestaan van sulke kulture nie. Dis bloot westerse indoktrinasie wat
> maak
>
> dat jy hulle wil wegwens of die bestaan daarvan wil ontken.
Goelkunstenaar is die woord wat by my opkom by die lees van jou respons. Jy
neem my eie argumente, draai dit om en eien dit aan jouself toe. Voorts,
egter, begin jy my dan beskuldig van presies daardie dinge wat ek in jou
kritiseer alhoewel ek dit nooit gese het, geimpliseer het, of gesuggereer het
nie - goelery met woorde wat enige politikus jou sal envy. Dit natuurlik as jy
dit bewustelik doen - andersinds is die manier waarop jy jou ego probeer
beskerm skisofrenies. Tog, dit bly oneerlik en om die rede verkies ek (met die
uitsondering van hierdie pos) om nie meer met jou oor hierdie kwessie te
debateer nie.
> Edele benadering tot die lewe ;-).
>
>
Ek sou se dankie, maar die "smiley" suggereer dat jy my woorde in twyfel trek
of sarkasties is.
> Nee, nee. Moenie net name gee nie. Hulle het baie dinge gesê. Gee
> vir my spesifieke uitsprake -- aanhalings met verwysings -- sodat ons
> iets het om te kan bespreek.
Jy vra vir voorbeelde, ek gee hulle vir jou, en dan verskuif jy die goalposts
en vra nou skielik vir spesifieke uitsprake asof jy dit al die tyd gevra het.
Hierdie is egter 'n game waarin ek beter is as jy sodat die nuwe goalposts nie
'n probleem is vir my nie. Hieronder 'n paar verwysings (nie aanhalings nie,
want dan kan jy aanvoer dat haas enigiets buite konteks aangehaal kan word).
Vir Immanuel Kant se siening, is die volgende 'n beginpunt: Beck, L. W.
(1966). Kant on History. Bobbs-Merrill.
Hegel se siening kan jy kry in : Hegel, G. W. F. (1956). The philosophy of
history. Dover: Dover Publications.
T. Serequeberhan (1991). African philosohphy. New York: Paragon House, bevat
'n nice deel oor David Hume se filosofiese rassisme.
Andersinds kan jy ook my eie artikel raadpleeg: Laubscher, L. & McNeil, J. D.
(1995). Climbing Kilimanjaro: The case for an African Philosophy and
Psychology. Psychology Bulletin (SA), 5, 1-10. Indien jou biblioteek nie
hierdie journal dra nie, kan jy dit direk vanaf die uitgewers aanvra.
Psychology resource centre, University of the Western Cape, Private Bag X17,
Bellville, 7535.
Ek sou ook Basil Davidson aanbeveel - ietwat inleidend en basies, maar dit lyk
my dis wat jy nodig het. Wanneer jy meer omvattend gelees het en argumente kan
verdedig (liewer as jou ego), kan ons weer gesels. Tot dan.
____
L. Laubscher
ISPP - Chicago
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 22:30:56 UTC 2026
|