Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waterpas
waterpas [boodskap #130489] Wo., 25 Maart 2020 15:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25504
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Waterpas.
'n Waterpas.
waterpas
Afbreking: wa•ter•pas
Samestelling: water + pas


Selfstandige naamwoord: waterpas
Meervoud: waterpasse
Verkleinwoord: waterpassie
Meervoud van verkleining: waterpassies

Betekenis:
• 'n Instrument om te meet of 'n oppervlak presies horisontaal (loodreg) of vertikaal is.

Gebruik:
• 'n Waterpas het 'n plat oppervlak en 'n geboë deursigtige buisie, wat op 'n borrel na met 'n gekleurde vloeistof gevul is.

Hiponiem:
• dwarswaterpas
• handwaterpas
• kwikwaterpas
• lugbelwaterpas

Afgelei:
• gewaterpas
• waterpasinstrument
• waterpasvlak

Vertaling:
Engels: waterlevel, spirit level
Nederlands: waterpas


Byvoeglike naamwoord: waterpas
Attributief: waterpas

Betekenis:
• Wat volkome horisontaal of vertikaal is (soos met 'n waterpas gemeet).

Gebruik:
• Hierdie muur staan nie waterpas nie.

Vertaling:
Engels: level
Nederlands: waterpas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voltmeter
Volgende onderwerp: dagblad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Jun. 16 23:19:35 UTC 2026