Betekenis:
• 'n Klomp geweer- of kanonskote wat ter ere van iets of iemand afgevuur word; 'n saluut.
• 'n Sarsie skote wat op die vyand afgeskiet word.
Gebruik:
• Die staatshoof is met 'n salvo van 21 skote begroet.
• Die oorlogskepe het salvo na salvo op mekaar afgevuur.
Vertaling:
Engels: salvo
Nederlands: salvo
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.