Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sonde
sonde [boodskap #129123] Do., 09 Januarie 2020 11:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26460
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sonde
Afbreking: son•de
Uitspraak: /ˈsondə/


Selfstandige naamwoord: sonde
Meervoud: sondes
Verkleinwoord: sondetjie
Meervoud van verkleining: sondetjies

Betekenis:
• Iets wat verkeerd is volgens dit wat 'n mens glo; oortreding van 'n godsdienstige of morele wet.
• 'n Versoeking waaraan toegegee word.
• 'n Ergernis, moeilikheid; kwaad of ongeregtigheid.

Gebruik:
• Dit is 'n sonde om te steel.
• Die koek is 'n sonde!
• Ons het sonde met die bure.

Sinoniem:
• boosheid
• euwel
• oortreding
• ongeregtigheid

Hiponiem:
• doodsonde
• erfsonde
• hoofsonde
• pekelsonde
• oersonde

Afgelei:
• sondaar
• sondebelydenis
• sondebok
• sondelas
• sondeloos
• sondeskuld
• sondesoeker
• sondeval

Vertaling:
Engels: sin, transgression; indulgence; evil
Nederlands: zonde
Venda: tshivhi
Xhosa: isono
Zoeloe: ukona, isono

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 11 September 2026 20:09]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: soldaat
Volgende onderwerp: soontoe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 12 15:13:03 UTC 2026