Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skêr
skêr [boodskap #129056] Sa., 04 Januarie 2020 13:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26082
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Skêr.
'n Skêr.
skêr
Afbreking: skêr
Uitspraak: /skɛ̞ːɾ/


Selfstandige naamwoord: skêr
Meervoud: skêre
Verkleinwoord: skêrtjie
Meervoud van verkleining: skêrtjies

Betekenis:
• 'n Werktuig met twee handvatsels en twee lemme wat verby mekaar skuif om dun materiale mee te sny of te knip.

Gebruik:
• Sy het die prentjies met 'n skêr uitgeknip.

Hiponiem:
• naelskêr
• skaapskêr
• skeerskêr
• snoeiskêr

Afgelei:
• skêrbeweging
• skêrlem

Vertaling:
Engels: pair of scissors
Nederlands: schaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 09 Augustus 2026 12:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: sellulose
Volgende onderwerp: skepe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Aug. 11 14:18:43 UTC 2026