Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sintuig
sintuig [boodskap #129042] Sa., 04 Januarie 2020 07:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26026
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
sintuig
Afbreking: sin•tuig
Samestelling: sin + tuig


Selfstandige naamwoord: sintuig
Meervoud: sintuie
Verkleinwoord: sintuigie
Meervoud van verkleining: sintuigies

Betekenis:
• 'n Orgaan waarmee 'n mens die wêreld waarneem. Orgaan wat prikkels uit die buitewêreld in elektriese seine vir die brein omskakel. Die mense het vyf sintuie: gehoor, sig, smaak, reuk en gevoel.

Gebruik:
• Die neus is die sintuig waarmee mens ruik.
• Die blinde man se ander sintuie is goed ontwikkel.

Hiponiem:
• gehoorsintuig
• reuksintuig
• sigsintuig
• smaaksintuig

Afgelei:
• sintuiglik
• sintuigstelsel

Vertaling:
Engels: sense, sense-organ
Nederlands: zintuig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 05 Augustus 2026 15:25]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: simbool
Volgende onderwerp: sirkel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 06 23:20:46 UTC 2026