| rekord [boodskap #128967] |
Wo., 01 Januarie 2020 13:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26721 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
rekord
Afbreking: re•kord
Selfstandige naamwoord: rekord
Meervoud: rekords
Verkleinwoord: rekordjie
Meervoud van verkleining: rekordjies
Betekenis:
• Die inligting wat 'n mens oor iets of iemand versamel het.
• Die beste prestasie wat tot op 'n bepaalde tyd op 'n bepaalde gebied behaal is.
• (rekenaars) 'n Versameling data wat 'n logiese eenheid beskou word.
Gebruik:
• Dronkbestuur is 'n kriminele oortreding en dit word op jou rekord geplaas.
• Die atleet het 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord opgestel.
• Die kliënt se rekord word bygewerk om sy nuwe e-posadres te reflekteer.
Hiponiem:
• baanrekord
• datarekord
• fossielrekord
• hofrekord
• misdaadrekord
• polisierekord
• toerrekord
• wêreldrekord
Afgelei:
• rekorddoeleindes
• rekordhouding
• rekordhouer
• rekordklerk
• rekordsnelheid
• rekordspoed
Vertaling:
Engels: record
Nederlands: record
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|