Betekenis:
• Plek waar twee takke bymekaarkom.
• Iets wat aan so 'n V-vorm herinner (soos waar die bene bymekaarkom).
Gebruik:
• Die bobbejaan sit in die mik van die boom.
• Sy skop hom in die mik waar dit seermaak.
Spreekwoord:
• Hy het homself oor 'n mik werk. [Poot-uit werk.]
• Sy het haar oor 'n mik geskrik. [Besonder groot skrik.]
• Hy kik of mik nie. [Hy maak geen beweging nie; hy staan doodstil.]
Afgelei:
• mikpunt
• mikstok
Vertaling:
Engels: fork, forked post, forked stick
Nederlands: mik