Werkwoord: ploeg, ploeë
Verlede tyd: het geploeg, geploeë
Betekenis:
• Om die grondoppervlak met 'n ploeg om te keer; omwoel.
• Om hard deur iets te bars of op die grond te val; deurklief.
• Om swoegend en met groot moeite voort te beweeg.
Gebruik:
• Die boer ploeg die mielieland.
• Die bus verloor sy remme en ploeg deur die skare.
• Sy kan nie meer die geploeg en geploeter verdra nie.
Spreekwoord:
• Ploeg met die osse wat jy het. [Jou bes doen met die middele wat jy het.]
• Hy ploeg met 'n ander se kalwers. [Maak gebruik van 'n ander se idees en planne asof dit jou eie is.]
Afgelei:
• inploeg
• omploeg
• terugploeg
Wisselvorm:
• ploeë
• ploe
Vertaling:
Engels: to plough
Nederlands: ploegen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.