Leksikograaf Boodskappe: 27066 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Film word teen 'n skerm geprojekteer.film
Afbreking: film
Selfstandige naamwoord: film
Meervoud: films
Verkleinwoord: filmpie
Meervoud van verkleining: filmpies
Betekenis:
• 'n Opname van bewegende beelde wat 'n storie vertel; fliek, rolprent.
• 'n Bewegende beeld wat op 'n medium vasgelê is.
• 'n Medium wat ligsensitief is waarop 'n kamera beelde vaslê.
• 'n Baie dun lagie.
Gebruik:
• "Doodkry is min" is 'n bekende film. Het jy al die nuwe Terminator-film gesien?
• Het jy die film op jou rekenaar gestoor?
• Met die koms van die digitale kamera het film in onbruik verval.
• Die olie vorm 'n film op die water.