Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duik
duik [boodskap #127924] Sa., 05 Oktober 2019 10:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27077
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Swemmers wat in die swembad induik.
Swemmers wat in die swembad induik.
duik
Afbreking: duik
Uitspraak: /dœi̯k/


Selfstandige naamwoord: duik
Meervoud: duike
Verkleinwoord: duikie
Meervoud van verkleining: duikies

Betekenis:
• Die handeling om met die kop na onder deur die lug of water te beweeg.
• 'n Blitsige sprong met uitgestrekte arms om iets te vang, iemand grond toe te dwing of onder iets in te beweeg.
• Die merk waar iets gestamp is; inwaartse vervorming van 'n oppervlak wat 'n holte laat.

Gebruik:
• Die simptome van borrelsiekte word soms eers 'n ruk ná die duik waargeneem.
• Die rugbyspeler het 'n skitterende duik uitgevoer.
• Die motor se modderskerm het 'n paar duike in.

Afgelei:
• duikboot
• duikbril
• duiker
• duikpak
• duikplank
• duikskool
• duikslag
• duiksport
• duikuitoerusting
• duikuitrusting
• duikweg

Vertaling:
Engels: dive; tackle; dent
Nederlands: duik; deuk


Werkwoord: duik
Verlede tyd: het geduik
Teenwoordige deelwoord: duikend, duikende
Verlede deelwoord: geduikte

Betekenis:
• Om net jou kop na benede deur water of lug te beweeg.
• Om blitsig met uitgestrekte arms deur die lug te trek.
• Om 'n holte in 'n oppervlak te maak.

Gebruik:
• Ons gaan die naweek by Sodwanabaai duik.
• Die rugbyspeler duik op die bal om 'n drie te druk.
• Jy gaan die motor duik as jy daarteen leun.

Afgelei:
• induik
• opduik
• onderduik
• ontduik

Vertaling:
Engels: to dive
Nederlands: duiken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duif
Volgende onderwerp: duim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Nov. 08 12:53:50 UTC 2026