Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trein
trein [boodskap #126844] Ma., 01 Julie 2019 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26169
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Trein.
'n Trein.
trein
Afbreking: trein
Uitspraak: /trəin/




Selfstandige naamwoord: trein
Meervoud: treine
Verkleinwoord: treintjie
Meervoud van verkleining: treintjies

Betekenis:
• 'n Ry trokke of waens wat op 'n spoor loop en meestal deur 'n lokomotief getrek of gesleep word.

Gebruik:
• Die trein fluit en trek stadig by die stasie uit.
• Die treinstasie het 'n paar sylyne waarop treine kan wag terwyl ander treine verbyry.

Spreekwoord:
• Hy kom met die stadige trein. [Iemand gaan eers laat kom.]

Hiponiem:
• goederetrein
• moltrein
• passasierstrein
• soustrein
• sneltrein
• stoomtrein
• tuimeltrein
• vragtrein

Afgelei:
• treinbrug
• treindrywer
• treinramp
• treinspoor
• treinstasie
• treinwa

Vertaling:
Engels: train
Nederlands: trein

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 18 Augustus 2026 14:59]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: pruttel
Volgende onderwerp: frase
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Aug. 19 01:43:27 UTC 2026