Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » casanova
casanova [boodskap #126803] Sa., 29 Junie 2019 11:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25940
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Portret van Giacomo Casanova (1725–1798).
Portret van Giacomo Casanova (1725–1798).
casanova
Afbreking: ca•sa•no•va



Selfstandige naamwoord: casanova
Meervoud: casanovas

Betekenis:
• 'n Man wat vroue verlei en maklik of baie liefdesverhoudinge aanknoop.

Gebruik:
• Hy is 'n casanova wat die dames se knieë laat swik.
• Haai Casanova, hoe lyk dit vir my? Jy het jou sjarme verloor. Jou skouers die hang nou, jou oë is vaal. Haai Casanova, wat is van jou oor? [Glenys Lynne]

Sinoniem:
• rokjagter
• verleier
• vrouejagter
• vroueverleier

Vertaling:
Engels: casanova
Nederlands: casanova

Nota:
• Van die Italiaanse avonturier Giacomo Casanova (1725–1798), wat beroemd was vir sy vele liefdesverhoudings.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 26 Julie 2026 19:01]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: mamma
Volgende onderwerp: juk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jul. 27 22:39:13 UTC 2026